Man stap duisende kilometers vir renosters

Witrenosters (Argieffoto: tpsdave, Pixabay)

Witrenosters (Argieffoto: tpsdave, Pixabay)

Francois Myburgh (26) van Witpoortjie in Johannesburg het Woensdag gesê hy beplan om tussen 1 Junie en 31 Julie vanjaar ʼn staptoer aan te pak om bewustheid rakende renosterstroping te skep.

Die staptoer sal 3 870 km wees en plekke soos Magaliespark, Kimberley, Sutherland, Kaapstad, Kareedouw en Ficksburg insluit en by die Krugerwildtuin eindig.

“Dit is my manier om die aandag te fokus op die renosters wat daagliks gestroop word. Dit is hartseer om te weet dat die swartrenoster van Wes-Afrika uitgewis is. As ons nie opstaan teen die stropers nie, sal daar nie renosters oor wees vir ons nageslagte om te sien nie. Dít is wat my bang maak.”

Myburgh poog om ongeveer R100 000 met die staptoer in te samel vir renosterbewaring en hoop dat mense hulle harte sal oopmaak vir hierdie saak.

“Ons wil graag vir Francois gelukwens. Dit is ʼn fantastiese inisiatief wat hy begin het. Ek sal graag vir Francois wil inskakel by die Rhino Army-projek sodat ons saam hierdie kosbare diere kan red,” het Muis Lombard, Magaliespark se oordbestuurder, gesê.

Myburgh het sy eerste en tweede staptogte van 100 km vir renosters in 2014 voltooi. Sy derde staptoer was in 2015.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

tom ·

Stap sommer vir die boere ook wat so uit gemoor word en jy gaan baie geld kry

Lampies ·

Dit is ‘n baie mooi gebaar en die renosterstroping is buite beheer, maar: waarom stap ons vir ‘n dier, terwyl ons mense op plase feitlik daagliks op die wreedste wyses denkbaar uitgemoor word?

Varkie ·

Ek kon nog nooit verstaan hoe die storie werk nie, hulle stap/ry duisende kilometers vir wat presies ? Ry mense nouverby hulle en se “oe ek moet nou mooi uit kyk en ander laat weet om nie diere dood te maak nie” ? Al wat die storie na toe lei is mense wat die een jammer kry oor hy so ver moes loop in die son..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.