Man steeds kritiek ná Blou Bul-speler hom glo aanrand

Louis Pienaar in die hospitaal. Foto: Verskaf

Louis Pienaar (38), ʼn pa van twee wat onlangs uit die buiteland na Pretoria teruggekeer het, se toestand is kritiek maar stabiel nadat hy glo Saterdagoggend deur ʼn Blou Bul-o.21-rugbyspeler by ʼn kuierplek in die ooste van die stad aangerand is.

Pine Pienaar, Louis se pa en ʼn inwoner van Menlopark, het Maandag aan Maroela Media gesê Louis, sy vrou, Corryne, en twee kinders, onderskeidelik drie en ses jaar oud, het drie maande gelede geïmmigreer nadat Louis lank in Brittanje gewoon en as rekenaarspesialis gewerk het. Hy het Corryne daar ontmoet en met haar getrou.

“Hulle huur tans ʼn huis in Lynnwood Manor terwyl daar verbeteringswerk aan hul eie huis gedoen word.” Pine het gesê Louis en Louis se neef, Christian Cronjé, het Vrydagaand by ʼn kuierplek in die Wilgers-omgewing gaan kuier.

“Volgens ooggetuies het die kuierplek so teen 04:00 toegemaak. Louis was nog op die dansvloer toe daar ʼn groep rugbyspelers aangekom het. Soos ons verstaan, het iemand glo aan iemand gestamp, waarna ʼn woordewisseling ontstaan het,” het Pine gesê.

Louis en Christian is toe na buite waar die speler hom glo in die parkeergebied “van agter van sy voete af geslaan het”. Die speler het hom glo nog ʼn hou gegee, voor hy saam met mense in ʼn voertuig geklim en weggery het.

Pine het verduidelik dat Louis ʼn hartkwaal het en vantevore ʼn kunsmatige hartklep moes ontvang. Hy is van medikasie afhanklik om sy bloed te verdun. “Hy het sy bewussyn verloor en is deur sy neef na die Wilgers-hospitaal geneem waar hy in die waakeenheid opgeneem is.”

Louis Pienaar saam met sy vrou, Corryne en kinders, Aden en Finn. Foto: Verskaf

Louis word tans onder verdowing gehou en is ook aan ʼn ventilator gekoppel. “Dinge lyk nie goed nie. Sy toestand is kritiek maar stabiel en hy word elke halfuur gemonitor. Hy het op twee plekke bloeding op die brein. Die dokters wil kyk of sy liggaam self die bloeding absorbeer, anders sal hy geopereer moet word om die drukking te verminder.”

Pine het gesê beamptes van die Garsfontein-polisie was by die hospitaal om ʼn saak aanhangig te maak. Hy het gesê die gesin is getraumatiseerd en Louis se vrou en kinders word bygestaan. “Dit is so onnodig. Dit maak nie saak om watter rede mense woorde wissel nie, maar om iemand daarvoor in ʼn koma in te slaan is onaanvaarbaar en ons hoop reg sal geskied,” het hy gesê.

Kapt. Ilze Jones, woordvoerder van die Garsfontein-polisie, het Maandag aan Maroela Media bevestig ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is aanhangig gemaak en word ondersoek.

“In dié stadium word ooggetuies se verklarings afgeneem en sal die polisie ook wag tot die man wat in die hospitaal opgeneem is, sterk genoeg is voor sy verklaring afgeneem kan word,” het sy gesê. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Die rugbyspeler wat glo by die voorval betrokke was, het intussen al twee keer van regsverteenwoordiger verander. Die eerste regsverteenwoordiger het glo van die saak onttrek weens ʼn moontlike botsing van belange. Die tweede regsverteenwoordiger het vroeër aan Maroela Media gesê dat sy dienste intussen ook beëindig is. Maroela Media weerhou die naam van die rugbyspeler tot daar van sy regsverteenwoordiger kommentaar gekry kan word.

Shanil Mangaroo, woordvoerder van die Blou Bulle Maatskappy, het gesê die maatskappy kan nie in dié stadium enige kommentaar oor die voorval lewer nie. “Aangesien daar wetlike aspekte betrokke is, wag ons eers vir die ondersoek om sy gang te gaan. Sodra daar meer inligting beskikbaar word, sal ons dit verder hanteer,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Lions ·

Altyd sleg as so iets gebeur. My gebede is met die gesin en veral die twee kindertjies wie se pa nou kritiek in die hospitaal lê.

Tracy ·

Who cares whether he was on the dance floor or sitting quietly in a corner at 4am. The fact is NO one should be assaulted and/or attacked by another human being. No wonder we cannot get our acts together as South Africans

Hester ·

Ek stem nie saam nie, dit n aanval op jou medemens. Indien die man alleen gedans het, het hy mos niemand gepa nie of hoe?
Maar die punt is dat daar weer n rugbyspeler betrokke is en dit gaan verdwyn dat ons niks weer van saak hoor of sien nie. Hoekom verander hy so van prokureur? Hou hy nie van hulle advies nie, daarom is die 2 de een ook laat gaan. Ek val jou nie aan nie , maar ek het hierdie dinge al sien gebeur en self beleef(hoe vinnig daar net niks van saak kom nie) . ek het n vermoede wie dit is, want dit klink soos sy modus operandi, indien dit is gaan ek julle meer vertel van hoe hierdie spelers geleer word hoe om sekere dinge te doen.

Karen Pienaar ·

Dankie Hester! Ek sal graag met jou wil gesels. Ek is Louis se suster. Baie dankie!! 0794977200

Albatros ·

Jy weet. Daar is so min van ons oor en dis hoe ons besluit om mekaar te bahandel. Gaan kyk maar op die paaie ook. Nie die durf om n taxi bestuurder aan te vat nie — maar n ander Afrikaner, dit doen ons graag.

HPV ·

Van agter van sy voete geslaan? Watse mens doen dit? Vreeslik dapper!

Andre ·

Weer ‘n “sterk” rugbyspeler wat in ‘n groep by ‘n plek aankom en dan baie kordaat is in die groep, maar alleen is hulle nie so sterk en manhaftig nie. Slaan ‘n man van agter af … ek hoop werklik hierdie gebeure gaan daardie rugbyspeler ‘n les leer wat hy in sy lewe nooit vergeet nie.

Carlien ·

My familie het 11:15 uit n Resturant in Potch gestap en is vir absoluut geen rede deur die Luiperds Rugby spelers aangerand. Dit het in September gebeur en daar is NIKS daaraan gedoen nie. Golden Rugby boys… die bloubul sal net eenvoudig daarmee wegkom.

Karen Pienaar ·

Hi Carlien! Ek wil baie graag met jou gesels. Asb kom in kontak met my by 0794977200. Groete!

Daan Erasmus ·

Nou weet ons waar om te begin. R100 000 en ‘n jaar tronkstraf. Wat goed vir die een is, is goed vir die ander een.

Quintin ·

En daar is n man se lewe in gevaar en n 21 jarige se loopbaan op n einde!! Hy moet aangekla word vir poging tot moord!

Turkatra ·

My pennie in die stuiwer:
1) ‘n Misdryf bly ‘n misdryf, enige tyd van die dag of nag.
2) In ‘n Vry Land, behoort die plek waar ‘n mens hom – vir watter rede ookal – bevind, veilig te wees. Veral in die “beakawing” soos die Ooste van Pretoria.
3) Die oortreder se werkgewer behoort geen betrekking op die saak te hê nie, hoewel ons van hierdie betrokke werkgewer “Helde” verwag, en nie booswigte nie.

Jaco ·

Na 19 jaar in die bar bedryf is daar 1 waarheid wat mens verseker kan weet. 4 uur die oggend is daar altyd 3 kante aan n storie. En gewoontlik is al 3 kante nie volkome die waarheid nie.

Karen Pienaar ·

Dankie Jaco – so waar. Gelukkig het ons die oog getuies en video materiaal om ons storie te ondersteun. Asb kom met my in kontak indien jy enige verdere inligting het. Dankie!

Douw ·

Dit help nie om die focus van die aanval, want dit was niks anders nie, te verskuif na of ‘n man op ‘n dansvloer was en wat hy daar genaam het nie… Die feit bly staan dit was ‘n ‘JONG’ rugbyspeler wat ‘n ouer man VAN AGTER Af geslaan het (volgens die verslag) – Dit maak van hom ‘n lafaard met geen respek nie… En hoekom wag tot hy regshulp kry voordat sy naam bekend gemaak word??

Vryheid ·

Swak vir n pro speler om so op te tree. Ek self het in my jonger dae pro geboks en was geleer deur my coach om ekstra verdraagsaam te wees teenoor ander omdat ek n gewone man op straat ernstig kon beseer as gevolg van my sport agtergrond.

Jy praat te vinnig Hannetjie Harvie - jy het nie 'n idee wat die omstandighede was en waarop die persoon by die kuierplek was nie - daar is dalk iets ·

Jy praat darem baie vining en oor iets wat jy niks van weet nie. Jy het nie ‘n idee wat die omstandighede was en waarom die person by die kuierplek was nie – en het geen reg om te oordeel nie. Mans kan ook alleen dans – het dit al baie gesien en vroue dans ook alleen – ‘n mens noem dit ontspanning en om iets te geniet. Ek wonder of jou seining dieselfde sou gewees het indien dit jou kind was wat in ‘n koma was – nie naby jou vel nie, maar ek belowe jou was dit iemand wat jy geken het of een van jou familielede het jy totaal ‘n ander deuntjie gesing – maar wys jou net weereens hoe mense net aan hulle self dink. Die blou bul rugby speler was verkeerd en glo my dit gaan bewys word. Ek sou my kop in skaamte sak as ek jy was – jy onsensitief en amper so arrogant soos die rygby speler wat dink jy kan wegkom met moord. Hy moet begin bid die persoon gaan dit oorleef – ek het nuus vir hom indien hy nie doen nie

BELINDA ·

Dit wat die rugby speler gedoen het, is verseker nie reg nie!! Hy moet gestraf word, maar die geslaande man is ‘n getroude man met ‘n vrou en kinders by die huis. Wat soek hy in die eerste plek daar????? As hy by sy huis was saam met sy vrou en kinders, sou dit nooit gebeur het nie !!

Stan ·

Belaglik! Dit beteken nie jy kan nie saam met ‘n vriend uitgaan as jy getroud en kinders het nie. Hierdie geval stel nie net sy lewe in gevaar nie maar het ook ‘n geweldige impak op sy familie. Ek hoop die rugby speler kry sy dag!!!!!!

GPC ·

Die Blou Bulle unie moet beheer begin neem. Hoekom is dit altyd n Bloubul speler wat betrokke is (as dit rugby speler is) met die goed. Hulle “windgat” houdings maak dat mens Bloubulle glad nie meer wil ondersteun nie. Rugby moet daai mannetjie n rooi kaart gooi. Maak nie saak van sy potensiaal of wie sy pa is nie. Diep teleurgestelde Bul ondersteuner.

Anmar ·

Hierdie saak het absoluut niks met rugby of die Bulle te doen nie. Dis een MENS wat ‘n ander MENS aangerand het in sy eie persoonlik hoedanigheid. As jy na die tyd kyk wat die geveg plaasgevind het, kan ‘n mens aanneem dat een of beide waarskynlik genoeg drank ingehad het om normale denke te inhibeer. Hoekom nou die Bulle daarby betrek en rugby? Hulle het mos niks daarmee te doen nie. Hulle is baie waarskynlik kwater vir die ou as die res van die publiek. Laat dit aan die gereg oor. Ons was in elk geval nie daar om ‘n objektiewe mening daaroor uit te spreek nie. Vir al wat ons weet kan die ooggetuie ‘n Streeptrui wees of ‘n …….. en dalk self nie objektief nie.

Janee ·

Daar is altyd 3 kante aan n storie. Joune, myne en die waarheid. Almal gou om die outjie te kruisig, maar was julle daar? Ek was nie.

Karen Pienaar ·

Hi Louesr, ek wil baie graag met jou gesels hieroor. Ek is Louis se suster. Kontak my asb by 0794977200. Dankie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.