Man steeds kritiek ná buffel-aanval

Paramedici het Maandag ‘n plaaswerker wat deur ‘n buffel gestormloop is, na die hospitaal vervoer. (Foto: Netcare911)

Die 29-jarige man wat Maandag deur ’n buffel op ’n wildsplaas by Hekpoort in Gauteng aangeval is, is steeds in ’n ernstige toestand en word tans in die hoësorgeenheid by ’n spesialishospitaal behandel.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het Donderdag aan Maroela Media gesê dat die man, ’n werker op dié plaas, alleen was toe hy deur die buffel aangeval is.

“Sy kollega het kort na die voorval op hom afgekom.

“Die buffel wat vir die aanval verantwoordelik was, kon ook nie uitgeken word nie aangesien hy kort ná die aanval weer by sy trop aangesluit het.”

Maroela Media het vroeër berig dat inligting vanaf die toneel daarop dui dat die man langs ’n grensdraad geloop het toe hy deur die buffel gekonfronteer is. Dié het hom bestorm en probeer vergruis.

Herbst het Woensdag gesê die man het ernstige beserings reg oor sy lyf opgedoen. Nooddienswerkers van Netcare 911 het hom op die toneel behandel waarna hy per helikopter na ’n spesialishospitaal vervoer is om die nodige behandeling te ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Casper

My seun is self ‘n professionele jagter op ‘n wildplaas en beskou alle diere as gevaarlik selfs ‘n blouwildebees en vat geen kanse nie.Hy laat nie ‘n buffel eers storm en 10 of 15 meter van hulle af vir die kliënt sê take him take him dan is dit te laat.Sy kliënte skiet hulle trofee diere waarvoor hulle baie geld betaal maar veiligheid is vir hom prioriteit.Ek hoop en bid die man herstel vinnig van sy beserings.

Noels244

Ek is meer bang vir ‘n buffel as ‘n leeu. Ten minste met die leeu gaan hy dadelik vir jou keel.

Swerwer

Soos alles in die samelewing is daar die profesioneles en die wat nie vir hulself kan dink nie.