Man steeds soek ná hy gaan stap  

Carl van Rooyen. Foto: Facebook.

Carl van Rooyen. Foto: Facebook.

ʼn Soektog is steeds aan die gang nadat ʼn 54-jarige man van Clanwilliam in die Wes-Kaap Saterdag vermis geraak het.

Carl van Rooyen het laatoggend aan familie gesê hy gaan ʼn entjie stap en het nooit teruggekeer nie. Anthony Allen, ʼn familievriend van Van Rooyen, het aan Maroela Media gesê Van Rooyen het gereeld gaan stap en dat daar dus niks vreemds daaraan was nie.

Hy het sy beursie, selfoon en sleutels by die huis gelaat. “Dit sou nie vreemd wees vir hom nie, dis op die plaas waar hy altyd stap en ʼn mens sou dink hy het nie sy beursie nodig nie,” het Allen gesê.

“Daar is byna 60 mense wat lede wat na Carl soek – onder andere familie, vriende, die polisie wat gebruik maak van polisiehonde asook ʼn helikopter. Sy een seun, Alister, is hier besig om te help, maar sy ander seun, Christopher, is nog op pad terug van oorsee af – hy doen kontrakwerk daar,” het Allen gesê.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê volgens Van Rooyen se familie sou hy deur die berge gaan stap en terugswem na die Riviera-landgoed by die Bulshoekdam waar hulle woon.

“Die Wilderness-soek-en-reddingsorganisasie, die polisie, vriende, familie en ʼn helikopter wat die familie gereël het soek na hom,” het van Wyk gesê.

“Die enigste leidraad wat die polisie het, is dat hy Saterdag op die N7, byna 12 km van Clanwilliam af gesien is.” Volgens Van Wyk het Van Rooyen ʼn blou hemp en ʼn swart rugsak op gehad toe hy vermis geraak het. “Ons het vanoggend 6:00 weer begin soek. Ses lede van die Clanwilliam-polisie en familielede en vriende sal in groepe verdeel word om verskeie areas te dek,” het van Wyk gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Elizabeth ·

Wil nie pessimisties wees nie; maar sodra ek die woord “plaas” hoor, dan raak ek bang. Mens kan nie meer op jou plaas gaan stap sonder ‘n tipe van ‘n wapen nie……pepper spray, rewolwer, skokstok…….Wees liewer oorversigtig as om te dink dat “dit sal nie met my gebeur nie”……..

Jannie ·

As hy terug deur die revier sou swem wat van die rugsak? As hy sover gestap het sou ek seker maar my ou foontjie saamvat. Op die N7 gestap? Alles klink nie reg nie. Hoop regtig hy is ongedeerd en veilig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.