Man steeds vermis ná KZN-plaasaanval

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Roger Solik (66) word steeds vermis nadat hy en sy vrou Vrydag in die Nottingham Road-omgewing in KwaZulu-Natal aangeval is. Christine (57) se liggaam is later die dag gevind.

“Die Nottingham Road-polisie ondersoek ʼn saak van moord en huisroof,” het lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, aan Maroela Media bevestig. “Bure het Vrydag na die huis gegaan om ondersoek in te stel toe die egpaar nie enigsins gesien is of hul selfone geantwoord het nie.”

Volgens Zwane het die bure, met hul aankoms, gesien daar is by die huis ingebreek en die polisie is ontbied. “Polisiebeamptes het bloedvlekke in die huis opgemerk. Die egpaar is aangerand en ontvoer.”

Die Impendle-polisie het later die liggaam van ʼn vrou gevind. Haar hande was vasgebind. Maroela Media verneem Christine se liggaam is in die Inzinga-rivier gevind.”

Die egpaar se motor is by Taylors Halt gevind. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie.

Die polisie doen ʼn beroep op enigiemand met inligting oor waar Roger homself bevind, om dadelik met hulle in verbinding te tree. Hy ly na bewering aan Parkinson’s.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Sam ·

Dis oorlog. En almal kyk weg. Afriforum ons soek die artikels in Engels ek wil dit aanstuur na ons Prime minister John English asb. Elke aanval van begin 2017 met fotos. [email protected] asb

Jannie ·

Ek dink jy bedoel Bill English. John Key was die vorige PM van New Zeeland

Berny ·

Stem saam met Sam. Ek stuur dit landuit. Meeste mense daar glo NIE wat hier aangaan nie – of is dit ook ‘n geval van ‘kop wegdraai”? ore wat NIE wil hoor nie? maak nie saak nie, God is en bly in beheer ek gaan nie toelaat dat hierdie wreedaards en moordenaars MY in vrees gaan laat lewe nie. Want met God loop ek ‘n bende storm en met God spring ek oor ‘n muur!

Pop ·

Sam en wat gaan jou prime minister doen. O shame that is so horrible!!dis wa dit gaan stop.

Anoniem ·

Pop, as mens nie probeer nie, gaan jy wraggies niks regkry nie! Dankie vir jou inisiatief, Sam.

Jaquie de Beer ·

Kan julle nie vir ons n ‘share’ opsie bysit dat ons hierdie misdade wyd en syd kan deel nie asb??

Sune van Heerden ·

Dagsê Jaquie

Klik gerus regs bo die foto op die deel-knoppies om die artikel per e-pos, op Facebook of op Twitter te deel.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Ester ·

Dankie Sam !!!! Kan iemand dit nie asb ook asn Donald Trump stuur nie?

Ester ·

Baie dankie Sam, hoop dit help, want die wereld verkies om anderpad te kyk!! Is daar nie iemand wat dieselfde berigte na Pres Donald Trump kan stuur nie?

natasha ·

En dan moet ‘n man wat ‘n plaaswerker geskiet het, wat nie eers op sy grond hoort nie, aangekla word vir moord en borgtog geweier is, in tronk sit waar hy net so onveilig is! En dan toi toi hule buite hof oor hoe plaaswerkers behandel word! Wat van die PLAASMOORDE! Wat van die swart plaas eienaar wat 3 van sy werkers gemartel het!?! GEEN betogings buite hof!!!!

Griki ·

Roger is my vorige “baas”. Hy het Parkinsons, nie Alzheimers nie. Christine was die lieflikste vrou, van binne en buite. Hulle het soveel vir die voorheen benadeeldes gedoen. Die hand wat jou voed word deur die onopgevoedes afgebyt.

Mariaan ·

Ek kan glo wat ek elke dag lees nie! Dit raak net te erg!

AL ·

Dis hartseer dat die plaasmoorde en aanvalle koue skouer kry in hoofstroom media wat internasionaal ook gelees word.Ons moet n gestruktureerde dokument saamstel dat dit nie lyk na geisoleerde gevalle nie en na verskeie internasionale mediahuise gestuur word vir wye mediadekking. Ongelukkig is ek nie in die posisie om so iets te doen nie.

Tanya ·

Dankie Sam. Die wat dink dit gaan niks help nie….ten minste doen Sam iets! Meer as wat enige van ons op die oomblik doen.

sharon ·

Ek sit hier en Tjank soos ‘n baba… Omdat ons niks kan doen nie… Omdat ons in ‘n land bly met ‘n misplaaste toekomsvisie… Omdat ons ‘n regstelsel het wat êrens verlore gegaan het… Omdat ons as mens se lewens so gering geskat word dat dit net ‘n inskrywings-geval geword het… Omdat dit vir my voel of selfs God Sy rug op ons gedraai het… Want ons as mens is die grootste vernietigende faktor op hierdie aarde. Ek wens… Nee… Ek HOOP ons ALMAL staan een oggend op met ‘n besluit… Ongeag ras… Kleur… Geloof… Oortuiging…. ‘n besluit dat ons as EEN Mens Teen hierdie korrupte Goddelose land sal opstaan en standpunt inneem en eis dat onbevoegde mense hul poste moet verlaat… Vrywilliglik… Indien nie help ons hulle uit. Mense… Wanneer sien iemand dit raak en registreer in sy brein dat ons met ‘n situasie sit wat besig is om handuit te ruk? Hoeveel sinnelose moorde… Verkragtings… Aanrandings moet nog gebeur voor iemand sê genoeg is genoeg?
Baie sterkte aan al die vermoordes se naasbestaandes… Julle geliefdes is dood… Aan die hand van ‘n regering wat ons almal faal.

Johann ·

Stem. Ek is gewalg. Ons mense word uitgemoor en die regering doen niks. Hulle was bang vir die kommando’s en die stelsel ontbind. Die polisie bemagtig tot ‘n patetiese en korrupte organisasie. Iets moet gedoen word. Kan ons nie wapen opneem nie?

cor ·

Net so min as wat die regering van diedag kan inmeng in ‘n buitellandse regering net so min kan Trump of English of wie ook al hier inmeng en voorskryf. Dit moet ons weet ons is op ons self aangewese. Doen liefdadigheids werk by jou gesin en familie.Hier is weereens ‘n bewys dat die “so called previous disadvantage” niks om gee vir die een wat hom wil ophef en n beter mens maak en hom help voed nie. Die regering van die dag gee nie eers vir sy eie mense om nie, net solank hulle kan voordeel trek op watter wyse ook al. Dit is nou die tyd om sterk in die geloof testaan , te bid en te vertrou op God se woord.

Henri ·

Ek word so woedend kwaad as ek van hierdie politieke gedrewe moorde lees!!! Ouer mense wat sagte teikens is MOET in dorpe gaan woon. Jonger boere moet hulself bewapen en sekuriteitsstelsels oprig wat as vroee waarskuwing dien asook inskakel by hulle plaaslikke buurtwag stelsel. Hierdie lae HONDE teiken sagte teikens soos ou mense en weerlose vrouens en hulle kom gewoonlik in groepe want ‘n HOND met ‘n geweer en ‘n paar maatjies is mos baie sterk. Ek stel voor dat elke plattelandse dorp ‘n Whatsapp veiligheidsgroep skep en dat persone met kennis soos die plaaslike sekuriteits mense boere adviseer oor veiligheids en kommunikasie stelsels en dat die plaaslike kerke uitreik na ouer mense en hulle oortuig en help om na die dorpe te verhuis.

Annie ·

Hou op negatief wees .. darm is daar mense wat iets probeer doen. Is regstuur dit deur die wereld dat hulle kan sien wat is haatmoord …. nie haatspraak nie!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.