Man steek glo pa dood

Argieffoto: Miguel Roberts/The Brownsville Herald via AP

ʼn Oos-Kaapse man (37) het glo sy 67-jarige pa met ’n mes doodgesteek.

Kapt. Jackson Manatha, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die twee het glo Vrydagaand sit en gesels by hul voorvaderlike huis in die nedersetting Xonyeni by Willowvale, sowat 80 km suidwes van Mthatha in die voormalige Transkei.

Omstreeks 23:30 het hulle blykbaar stry gekry, maar die polisie kon nog nie vasstel waaroor nie. “Albei het ʼn mes te voorskyn gebring en mekaar begin steek,” het Manatha Saterdagmiddag gesê.

Die pa is dodelik gewond en het op die toneel gesterf. Die polisie van Willowvale is ontbied en het die verdagte kort daarna in hegtenis geneem.

Manatha sê die oorledene se identiteit kan eers bekendgemaak word nadat sy kinders wat in ander provinsies as die Oos-Kaap woon van sy dood in kennis gestel is. Die verdagte sal na verwagting Maandag in die plaaslike landdroskantoor op ʼn aanklag van moord verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Karolis ·

Bou nou ‘n nasie met sulke bakstene.
Jy word geleer: eer jou vader en jou moeder.
Wie leer jou om jou pa te dood?

Loon ·

Voorvaderlike huis?
Dis waar die probleem begin het……
Wie bou iets op voorvaders?

Nuuswaardig hoekom? ·

In nedersettings is daar elke and dronk styery en baklyery tussen familie en bure…
Hoekom is hierdie nou nuuswaardig?

Cherokee ·

Die munt het twee kante. Hoekom is jou kommentaar nou kommentaarwaardig?

willem Botha ·

Die media moet die feite deurgee soos dit is dan kan die werklike probleme geïdentifiseer word ,wit mense moor nie plaas eienaars en steek hulle eie ouers met messe nie.

Dom ·

Konnie wag vir daai een nie ne amanda… Hendry is wit trash. Moenie nou 1 of 2 gevalle inbring nie. Almal weet dat 99.9% waar gamilie lede mekaar dood maak oor drank of 1 rand gebeur in n sekere groep. Onthou malema gaan jou nie spaar nie. Dis of jy kies n kant en bly daar en hou op draad sit…

Cherokee sin nie beter ·

Cherokee, jy moet ook mar n brandewyn drink, want kou kommentaar is ook niksseggend…

sweiz ·

Hoekom is sekere mense so arrogant dat hulle nie die menings en opinie van ander respekteer nie ,jy hoef nie saam te stem nie respekteer net ander want jy verklap die vlak van opvoeding deur jou optrede

Elsa ·

Dis nie te sê as iets nie vir ons nuuswaardig is nie, dat ander persone dit nie wil sien of lees nie. Lees dit dan en bly stil, of gaan net verby. Mens kan soos grootmense verskil en elkeen het die reg om sy eie opinie te hê, sonder om te vra dat iemand se kommentaar verwyder word. Ek sien niks van enigeen se kommentare wat aanstootlik of beledigend was nie. Kleinlikheid is ook nie mooi nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.