Man steek hom aan die brand in Montecasino

Veiligheidswagte het die toneel afgesper. Foto: @ChristiaanKo/Twitter

Veiligheidswagte het die toneel afgesper. Foto: @ChristiaanKo/Twitter

ʼn Man is dood nadat hy homself aan die brand gesteek het in Montecasino in Johannesburg.

Montecasino se bestuur het in ʼn verklaring gesê die man het homself naby ʼn veiligheidsbeheerpunt aan die brand gesteek nadat hy petrol oor homself uitgegooi het. Hy is op die toneel dood verklaar. ʼn Vrou wat naby die toneel was het volgens berigte geringe beserings opgedoen.

“Die nooddienste was op die toneel en voorsorgmaatreëls is onmiddellik ingestel om die veiligheid van ons besoekers te verseker. In ons gedagtes is ons by die oorledene se familie en vriende.”

Die man se identiteit is nog nie bekend gemaak nie. Dit is nog nie duidelik of die man die petrol oor homself uitgegooi het voordat hy die gebou binnegekom het en of hy dit binne die casino gedoen het nie.

Die motief is ook nog nie bekend nie en die polisie ondersoek die saak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

JT ·

Ek is seker die dobbel masjiene het sy lewe nie so positief verander nie. Dobbel, dwelms, pornografie is alles van die satan!

WICUS ·

OP DIE RADIO HET HULLE GESE HY HET N GROOT SOM GELD IN CASINO VERLOOR

Ano ·

SJOE! Hoe erg moes die mens se lewe uitmekaar geval het. Dit moes verskriklike pynlik gewees het.

VRA MY EK WEET ·

Die staat kry miljone uit belasting. Die sogenaamde “gaming board” wat die publiek moet beskerm kry geld uit die winste, anders as in Amerika waar hulle “Gaming board” ‘n persentasie van die uitbetaligs kry. So ons “gaming board” kyk bakhand ander kant toe as die Casinos mense se geld blatant vat.
Voorts adverteer die Casinos hulle is die Palace of Dreams ens….Wat se “dreams”..nagmerries ?
Hulle gee jou gratis drank om kop te verloor. Lok jou soontoe met R100 se gratis dobbelgeld en jy verloor dan duisende uit jou sak as jy eers daar is.
Hierdie insident is een wat ongelukkig vir die casino opgemerk is .Daar is talle mense wat selfmoord pleeg of in die parkeer area van die casino of tuis (as hulle nog ‘n huis oorhet) as gevolg van dobbel. Die staat waarsku van die gevare van rook maar dobbel is veel erger en duurder en verwoes lewens. In Engeland vereis die casinos balans state op ‘n gereelde basis as jy wil dobbel sodat hulle die soort tragedies verhoed
Ek voel bitter jammer vir die man en sy familie…en ons sal nooit die waarheid hoor. Die Casino het hulle pa en hulle geld gevat. Die casino het detail rekord van sy verliese maar dit sal hulle wegsteek.
Kan nie wag om nou die toesmeerdery van Monte Casino te sien..Seker ISIS of Apartheid se skuld

Amanda ·

My hart gaan uit na die familie en vriende. Ons is nie hier om te oordeel nie. Ek dink werklik dat ons hulle moet respekteer.

Azuni ·

Warahoeva. Ons praat weer as dit met jou, ‘n familie lid of een van jou kinders gebeur. Jy ken nie mens se omstandighede nie. Dit is nie reg nie, ek stem, maar moet NOOIT nie simpatie hê vir iemand wat sukkel daaronder nie, veral as hulle probeer om daaruit te kom nie of moed verloor het. Probeer liewers help om hulle daaruit te kry. Ek het darm nie enige verslawing nie, maar dit gee my nie die reg om die wat wel het, die slegste toe te wens nie. Sies man!

Ekwilibrium ·

Kyk die bekroonde fliek ‘Casino’ deur Martin Scorsese (1995). Soos Joe Pesci tydens die openings narratief gesê het: “…in the end, we keep it all”. ‘n Vieslike verslawing, een wat uitgebuit word.

Scalla ·

Tragiese gebeurtenis, sterkte aan die familie, om aan dobbel verslaaf te wees is baie erger as om aan drank en dwelms verslaaf te wees. jy verloor alles in die proses, selfs in die geval n lewe.
Casinos adverteer gereeld dat Winners know when to stop, wat van die verloorders?

SkarrelKind ·

Jo. Die manier waarop julle oordeel en spekuleer, en geen emaptie toon nie, gaan my verstand te bowe. Wat as dit julle seun/broer/oom/buurman was? Nee man, ek kry skaam vir julle opmerkings. As jy nie iets positiefs kan bydrae nie, bly eerder stil…

Azuni ·

Ek stem. Mense kan vieslik wees party keer. Dis regtig ‘n skande.

Kleintjie ·

Ja SkarrelKind, wie is ons om te oordeel. Dit kom ons nie toe nie.

Liena ·

Jy Warahoeva, gaan jy op jou kniee en se DANKIE vir die HERE se GENADE dat jy nie ‘n familie lid, vriend of vriendin het wat aan dwelms, drank of dobbel verslaaf is nie. Al is jy hoe geleer, kan mens nog steeds ‘n verslawing ontwikel.

Christine ·

Dit is tragies en innige simpatie met die familie, wat ookal gebeur het, of die oorsaak daarvan ,dit is baie sad en sjoe daai moed sou ek nie gehad het om myself soo seer te maak.

SNEL ·

So hartseer. Dis vreeslik dat iemand so vasgeval voel en dat hulle voel hulle kan met niemand praat nie. Dit moes vreeslik vir sy vrou en kinders gewees het, as hulle teenwoordig was. Goeiste, en nog jouself aan die brand steek. Sjoe, die man moes n laer as n lae punt bereik het. Ai, voel so jammer vir die vrou en kinders wat agter bly, miskien is hulle nog gelos met n klomp skuld. Ek dink ons almal het maar die een of ander ding waarmee ons stoei. Verslawing is n lelike ding, dit kruip so stadig nader en as jy jou oé uitvee is jy diep in die ding. Pille, alkohol, lekker kossies, dobbel, te veel werk, oefeninge, die lys is nimmer eindigend lank. Party goed vernietig jou, ander die om jou, maar te veel van n ding is nooit goed nie, en party goed moet jy nie eers aan raak nie of een keer probeer nie, want jy raak sommer op slag “hook line and sinker” ingetrek. Baie sterkte vir elke een wat met iets moet veg in hulle lewe, maar moet asseblief net nie so uitkom kies nie, staan op en probeer nog n keer.

m ·

Dink net aan die skok waaraan die mense lei wat die storie moes aanskou het. Dobbel is n keuse en ongelukkig het hy nou die verkeerde keuse in sy lewe gemaak.

Columbiana ·

Die moes vrek desperaat gewees het. Dis ‘n horrible manier om dood te gaan.

Anti-dobbel ·

Ek dink hy wou homself straf omdat hy seker vir die hoeveelste keer teen sy dobbelverslawing geswig het en daarom dat hy hierdie wrede manier gekies het om sy eie lewe te neem. Die dobbelraad praat van “responsible gambling” – wat n grap. Ek weet van persone wat hulself al laat verban het, maar gaan terug sonder dat hulle eers gekeer word of dat hulle daar opgemerk word.

VRA MY EK WEET ·

Die gaming Board moet hulle leuse verander van
“Winners know when to stop”
na
“Winners never start”

Ja-Wat ·

Dis verskriklik! Ekself was ‘n dobbel verslaafde. En soos alle verslawing begin dit met ‘n bietjie. Net vir die pret daarvan. Jy wen klein maar “die moeite werd” bedraggies. Dan begin jy groter bedrae dobbel. Sal dalk een keer ‘n groterige “wen’ he. Dis hoe jy gelok word. En dan is dit neusie verby. Jy sal nie weer wen nie. Ongeag die bedrae wat jy uitdobbel. Ja jy word gelok met etes en allerhande “perks”. Glo my, ekself het al by selfmoord gedagtes gedraai asgevolg van skuld. Dankie Vader ek kon kop hou en met hulp myself rehabiliteer. Sterkte vir die familie.

Bekkomerd ·

Ek glo alles gebeur met ‘n doel, en ek het hopenlik met ‘n doel jou kommentaar raak gelees. My ma is ook dobbel-verslaafde en sy sien niks fout daarmee nie. Enige raad hoe ons haar kan help? Sy raak kwaad as mens met haar praat daaroor en sy luister in elkgeval vir niemand nie!

Pote Venter ·

Wel gedaan bekommerd, wat goeie verhaal om te vertel. Baie trots op jou ou bul

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.