Brig. Thulani Ngubane, woordvoerder van die polisie, het gesê die 35-jarige man en sy vervreemde vrou het glo vroeg Dinsdagoggend in ʼn argument betrokke geraak. Die vrou het na die Tlhabane-polisiestasie naby Rustenburg gery om ʼn klag van kwaadwillige saakbeskadiging teen hom aanhangig te maak nadat hy glo haar selfoon stukkend gegooi het.
Volgens Ngubane het die man die vrou gevolg en voor die polisiestasie stilgehou waarna hy petrol oor sy motor uitgegooi het. Die man het glo teen ʼn polisievoertuig gebots toe hy probeer parkeer het. Polisiebeamptes het die man versoek om uit die motor te klim maar hy het geweier en die motor aan die brand gesteek.
Volgens Ngubane het polisiebeamptes onmiddellik die man uit die motor gehaal en die nooddienste ontbied. Die man het glo behandeling geweier en is in hegtenis geneem. Die man het glo later die dag begin braak en is by die polisiestasie dood.
Ngubane het gesê ʼn nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die man se dood te bepaal. Die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) sal die voorval ondersoek.
Liewe hemel! Wat skuil agter die man se desperate daad?
Ja nee klink vir my baie verdag. En om te sterf van braking< want hy is heel duidelik nie ernstig verbrand as hy gearresteer kon word nie