Man steek homself in polisiestasie aan die brand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiestasie in Hillcrest, KwaZulu-Natal, het Dinsdag onder skoot gekom ná ʼn man in die aanklagkantoor petrol oor homself uitgegooi en daarna aan die brand gesteek het.

Die man was na bewering gefrustreerd oor ʼn identiteitsdokument.

Die man het ook probeer om ʼn polisievoertuig aan die brand te steek en polisiebeamptes het hom geskiet.

“ʼn 36-jarige man het vanoggend na die polisiestasie gekom met petrol en dit oor homself en in die aanklagkantoor gegooi,” het Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, gesê. Die voorval het by die satellietstasie in Molweni plaasgevind.

“Hy het gesê as hulle nie sy identiteitsdokument vir hom gee nie, gaan hy homself en die polisiestasie aan die brand steek,” het Zwane bygevoeg.

Volgens Zwane het die man die polisiebeamptes as gyselaars aangehou voor een van hulle die man uit die gebou kon druk. “Hy het homself aan die brand gesteek en hy het ook probeer om een van die privaat polisievoertuie, wat op die perseel parkeer is, aan die brand te steek.”

Zwane het gesê toe ander polisiebeamptes opgedaag het om hul kollegas te help, wou die man een van die konstabels gryp. “Beamptes het hom geskiet. ʼn Ambulans het kort daarna opgedaag en hom na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.”

Zwane het gesê weens die man se beserings en brandwonde was dit belangriker om hom so vinnig as moontlik by ʼn hospitaal uit te kry. Hy sal in ʼn latere stadium aangekla word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Tiger ·

Mens kan aflei dat die polisie vir een om ander “rede ” laks was (normaal) om hul werk te doen ander hoekom sal hy so ver gaan net om sy ID boekie uit hulle te kry?Hulle wl die man aankla.Goed en wel.Maar die’ storie het TWEE kante en die anderkant moet ook ondersoek word.Maar soos ons alreeds weet sal daar niks van kom nie.Dis mos die Nuwe SA!

Kiepie ·

Mens lei af wat jy graag wil aflei Tiger. Soos die spreekwoord sê, as jy ‘n hond wil slaan sal jy altyd ‘n stok kry. Wat ek aflei is dat hierdie man erg geestelik versteurd is en nie instaat is tot rasionele denke nie. Geen normale mens sal homself sommer aan die brand steek en dink dit gaan sy ID-boek vinniger by hom kry nie. Amper soos die klomp wat die treine afbrand en dink dit gaan môre op tyd wees.

Scalla ·

Die man was kwaad, wat is die verskil tussen n private polisievoertuig en n gewone polisie voertuig?

Chapman ·

Dit is n polisievoertuig wat slegs vir “privates’ gebruik word soos bv kinders aanry skool toe, KFC gaan koop en rekeninge betaal in werkstyd ?

Jaycee ·

KZN is om alle verkeerde redes baie prominent in die nuus. Lyk my hierdie provinsie wys die weg aan hoe ‘n provinsie ten gronde gaan wanneer politieke boewery in alle sfere neerslag vind. Wetteloosheid, eie geregtigheid, onverdraagsaamheid en naakte kriminaliteit neem eksponensieel toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.