Man steek slapende vrou aan die brand; twee dood

Argieffoto

Argieffoto

’n Hooggeplaaste ANC-politkus van die Noord-Kaap het ernstige beserings opgedoen toe haar man haar en die vertrek waarin sy lê en slaap het Saterdag aan die brand gesteek het.

Nog ’n vrou en ’n nege maande oue baba wat in dieselfde vertrek was, is dood in die brand.

Lt. Donald Mdluli, polisiewoordvoerder, het gesê ʼn bekende politikus van die ZF Magcwau-munisipaliteit in Olifantshoek het by ʼn familielid se huis aangesterk nadat sy vir ʼn wyle in die hospitaal behandel was. Die man het glo Vrydagaand saam met ander besoekers by die huis opgedaag om sy vrou te besoek. Hy is omstreeks 22:00 weer daar weg.

“Daar word beweer die man het Saterdag omstreeks 02:00 na die huis teruggekeer, by ʼn deur wat nie gesluit was nie ingeglip, petrol oor sy vrou uitgegooi terwyl sy slaap en haar aan die brand gesteek. ʼn 35-jarige familielid en ʼn nege maande oue baba wat in dieselfde kamer was, is dood nadat hulle ernstige brandwonde opgedoen het,” het Mdluli gesê.

Die vrou en nog ʼn familielid is met ernstige beserings in die hospitaal opgeneem.

Volgens Mdluli is die man later die oggend in hegtenis geneem. Hy het ook brandwonde en ʼn steekwond aan sy nek opgedoen en word tans onder polisiebewaking in ʼn hospitaal behandel.

Twee aanklagte van moord, ʼn klag van poging tot moord en ʼn klag van brandstigting is teen die man aanhangig gemaak, het Mdluli gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Drieks ·

Anc = korupsie en moord…. Die polisie minister sal hierdie hooggeplaasde Anc lid los lieg…

Dave ·

Nou waarvan moet sy losgelieg word? Wat het sy gedoen dat sy loslieg gaan nodig hê?

pop ·

Drieks lees weer mooi. die ANC lid is aan die brand gesteek deur haar man.

Armando ·

Ek het terloops hierop afgekom, en dit is vir my, ‘n onbetrokke bystaander, duidelik dat julle spul net moeilikheid met mekaar soek. As hierdie een dit sê dan sê die ander een dat en daar gaat julle. Kom tog tot rus, en raak betrokke by goed wat saakmaak. Asseblief!.

Dave ·

Nou waarom betrek jy jou en noem jouself steeds ‘onbetrokke’?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.