Man steek vriendin met mes naby vulstasie

mes

Foto: Etsy/Pinterest.com

ʼn 28-jarige man is in hegtenis geneem nadat hy glo sy vriendin met ʼn mes gesteek het buite ʼn vulstasie in Ventersburg.

Die insident het Dinsdag omstreeks 13:00 naby ʼn Caltex‑vulstasie in Ventersburg in die Vrystaat plaasgevind. Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder in die Vrystaat, het die verdagte sy 25-jarige vriendin agtervolg terwyl sy saam met kollegas gestap het. “Hy het versoek om met haar te gesels terwyl haar kollegas aanhou loop het. Die volgende oomblik kon gehoor word hoe die slagoffer skree en die verdagte het weggehardloop. Die slagoffer het op die grond gelê en bloei,” sê Makhele.

Met die polisie se aankoms op die toneel het een van die ooggetuies vir hulle ʼn gebruikte mes gewys wat hy die verdagte sien eenkant gooi het toe hy weghardloop.

Volgens Makhele het die vrou veelvoudige steekwonde opgedoen en het paramedici die vrou op die toneel behandel, voor sy na ʼn nabygeleë hospitaal geneem is. “Die verdagte is kort daarna in hegtenis geneem en ʼn klag van poging tot moord is by die Ventersburg‑polisiestasie aanhangig gemaak.”

Die polisie het ook die verdagte se bloedbevlekte klere in beslag geneem vir verdere ondersoek. Volgens Makhele sal die verdagte vandag (Donderdag) in die Ventersburg‑landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

R van KRD ·

Goeie dag MM,
Daar is ‘n voutjie op jul berig. In paragraaf 4. “Vertersdorp-polisiestasie” moet wees Ventersburg-polisistasie.

Elaine Krige ·

Baie dankie R van KRD. Ons het dit reggestel. Groete.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.