Man steel glo by hof tydens verskyning

hof-hamer

(Argieffoto)

’n Man is Maandag by die Durbanse landdroshof in hegtenis geneem nadat hy na bewering probeer het om ’n rekenaar in die hofgebou te steel.

Die 48-jarige man was ten tyde van die voorval by die hof om op ʼn onverwante aanklag van huisroof te verskyn. Dis glo nie die eerste keer dat die man by regeringskantore steel nie.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê ’n hofordonnans het omstreeks 14:00 opgemerk hoe iemand ʼn rekenaar uit ’n kantoor by die hof verwyder.

Personeel het die man voorgekeer waarna hy beweer het dat hy ’n tegnikus is wat aangestel is om die hof se rekenaars te herstel. Hulle het egter onraad vermoed en die polisie ontbied.

Die man is ondervra waarna hulle besef het die man is eintlik ’n vermeende bedrieër wat glo by regeringskantore steel onder die voorwendsel dat hy ʼn tegnikus is.

Daar sal nou ondersoek ingestel word om vas te stel of die man verbind kan word met ander voorvalle in die Durbanse sakesentrum en omliggende gebiede nie, sê Mbele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

ES ·

Maar hoekom is hy dan op vrye voet?

As dit nie rede genoeg is om hom toe te slui nie dan weet ek nie. Gewoontemisdadigers moet nie die opsie kry om oouit uit die tronk te kom nie want hulle kan ge-rehabiliteer word nie.

Oomniklaassevriend ·

Hy is ‘n baie toegewyde misdadiger – hy doen sy werk onder alle omstandighede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.