Man ‘steel’ glo miljoene wat vir siektebekamping bedoel was

Argieffoto (Foto: Parentingupstream, Pixabay)

Alfred Bere (36) het Woensdag in die Kaapstadse streekhof verskyn vir korrupsie en bedrog wat ʼn  reuse- R25 miljoen oorskry.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê Bere is verbonde aan die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer (CDC) en was in beheer daarvan om toesig te hou oor fondse wat aan die sentrum geskenk word.

Hy het toe glo dié donasies vir persoonlike gewin gebruik. Die fondse is uit Amerika geskenk en was geoormerk om na NRO’s versprei te word om die verspreiding van siektes te beveg deur gesondheidsdienste aan sleutelgroepe en individue te verskaf.

“Dit word verder beweer dat die fondse na een waardige NRO gestuur is en dat dié NRO toe later gedwing is om ʼn ander NRO as filiaal aan te neem. Die fondse van die filiaal is toe later na sy persoonlike rekening oorgeplaas,” het Nkwalase gesê.

Bere is 24 Augustus by die Beitbrug-grenspos in hegtenis geneem toe hy op pad was na Zimbabwe.

Hy is borgtog van R100 000 toegestaan en moet 13 Desember weer in dieselfde hof verskyn.

“Daar kan moontlik nog inhegtenisnemings wees aangesien die ondersoek nog voortduur.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Willie ·

Tragies… korrup…sluit toe en gooi sleutel weg… dink dis maar die tippie van die ysberg…

Colleen ·

Daar gaan nou eers ‘n kommissie gestig word om ondersoek in te stel en dan gaan daardie kommissie ‘n kommissie kry om toesig te hou dat die werk gedoen word en oor 24 maande gaan daar nog geen antwoorde wees nie en ‘n kommissie word aangestel om te kyk hoekom nie.

marous ·

Stuur dit vir Trump sodat hy ook kan vra hoe ‘n skelm wat op pad is om land uit te vlug op 5% van die waarde van sy mense se hard verdiende geld op borg vrygelaat word ? Hy kan ook opdrag gee dat daar nie eers ‘n oorpluisie aan hierdie vervloekte land geskenk mag word nie.

kallie ·

Hoe weet die lande wat geld skenk waargeen die geld gaan en of dit reg aangewend word ? hulle moet mos voorwaardes stel en state aanvra ens? Die korrupsie in hierdie land het in 24 jaar so diep gegroei dit sal ‘n leeftyd vat om uit te roei, indien ooit.

Katy ·

Vir 25miljoen se diefstal moes hy ten minste 1 na 2 miljoen vir sy bortog betaal het.

IK ·

Bere bêre die geld wat in Afrika nie snaaks is.
Tweede laaste par. het ‘n sinkonstruksie probleem.

Hoe gebeur dit ·

Sulke dinge gebeur wanneer daar nie streng maatreëls in plek is om toesig oor fondse en transaksies te hou nie. Hoekom is die geld nie in ‘n prokureur of ouditeur se trust fonds geplaas, of dat daar ten minste ‘n paar mense moet wees om transaksies goed te keur alvorens fondse oorgeplaas word nie. Swak, swakker en swakste. Dit is ‘n skreidende skande.

Eish ·

Mnr. Bere is volgens die Daily Maverick, n Zimbabwies gebore, Amerikaanse burger. Hy is n gekwalifiseerde viroloog. Korrup tot op die been. Duidelik geinfekteer deur Gierigarus dollarius!

Simpel ·

En steeds is hy op borgtog vrygelaat in aggenome die feit dat hy maklik die lank kon uitvlug.

KanekVra? ·

Hoe dom is die Amerikaners dan nou eintlik? Jy gee geld, om in Afrika te gebruik, sonder om noukeurig boek te hou en seker te maak daar is ” checks en balances ” in plek, om te verseker die geld word reg aangewend. Amerika laat my lag.

leser ·

wat is die kans dat hy ooit sal opdaag vir sy hofverskyning

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.