Man steel glo pa se beendere uit graf

Argieffoto

ʼn 28-jarige man van Mahikeng het Donderdag in die Molopo-landdroshof in Noordwes verskyn op ʼn aanklag van grafskending nadat hy glo sy pa se oorskot uit sy graf verwyder het.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder, sê die polisie het inligting opgevolg dat Fikille Modukanele glo in besit van menslike beendere was. Hy is by ʼn staatsdepartement in Vryburg in hegtenis geneem.

“Die polisie het Modukanele se bagasie deursoek en op menslike beendere in twee van sy sakke afgekom,” het Mokgwabone gesê.

Volgens hom het Modukanele tydens polisieondervraging gesê die beendere is dié van sy pa wat hy uit ʼn graf in die Moshawane-nedersetting, wes van Mahikeng, gegrawe het.

Mokgwabone sê die polisie het op die beendere beslag gelê en vir forensiese toetse gestuur.

Dit is onduidelik hoekom hy die beendere opgegrawe het.

Modukanele sal na verwagting Woensdag weer in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Plaaskind ·

Laat die dooies met rus. Geen respek vir sy eie Pa eens nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.