Man steel voorraad by werk, verkoop dit self

(Argieffoto)

’n Man is in die plaaslike landdroshof in Port Elizabeth in die Oos-Kaap skuldig bevind op aanklagte van bedrog en diefstal nadat hy tussen Maart 2017 en Oktober 2018 voorraad ter waarde van R1 479 520 by sy werkplek gesteel en in sy private hoedanigheid verkoop het.

Morne Pretorius (37) het ten tyde van die bedrieglike aktiwiteite by Supply 5 Pty (LTD) gewerk en sy eie ondernemings Prismo SC aanlyn en Ubuntu Supply bedryf.

Pretorius sal op 6 November gevonnis word, het Lwando Zenzile, woordvoerder van die Valke, in ’n verklaring gesê.

In nog ’n saak in die Oos-Kaap is ’n vrou vandeesweek in die spesiale handelsmisdaadhof in Port Elizabeth gevonnis nadat sy skuldig bevind is op aanklagte van bedrog en vervalsing.

Coleen Ferreira (51) is Woensdag tot drie jaar korrektiewe toesig en vyf jaar tronkstraf waarvan vyf jaar opgeskort gevonnis, nadat sy in Junie vanjaar in hegtenis geneem is op drie aanklagte van bedrog en 32 aanklagte van vervalsing.

Volgens Zenzile het Ferreira as administratiewe klerk by die maatskappy Environmental Occupational Health (EOH) in Port Elizabeth gewerk toe sy van Desember 2016 tot Februarie 2019 sowat R149 007 se kleinkasgeld na haar persoonlike rekening oorgedra het met die doel om te steel.

Argieffoto

Intussen sal twee amptenare van die departement van binnelandse sake en twee buitelandse burgers sal na verwagting Donderdag in die spesiale handelsmisdaadhof in Pretoria verskyn. Dit nadat die amptenare glo die buitelandse burgers gehelp het om Suid-Afrikaanse burgerskap op ’n bedrieglike wyse te bekom en later veranderinge aan een van hulle se burgerskap te maak.

Die verdagtes staan nou tereg op aanklagte van bedrog, korrupsie en die oortreding van die Immigrasiewet.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het in ’n verklaring gesê ’n 45-jarige Zimbabwiese man het sy Suid-Afrikaanse burgerskap reeds in 1996 op ’n beweerde bedrieglike wyse by die departement se kantore in Johannesburg bekom.

“Die man sou oor die jare wanneer hy die grens na sy geboorteland probeer oorsteek het, in die moeilikheid met die owerhede beland het aangesien hy as ʼn buitelander beskou is.

“Hy het toe ʼn poging aangewend om afstand van sy Suid-Afrikaanse burgerskap te doen ten einde sy oorspronklike burgerskap te herwin.”

Volgens Ramovha het die man toe in kontak gekom met nog ’n man wat sy Suid-Afrikaanse burgerskap na bewering op ’n bedrieglike bewyse bekom het. Die man het hom aan amptenare van die departement voorgestel wat hom glo kon “help”.

Die amptenare, onderskeidelik 52 en 61 jaar oud, het ingestem om sy status vir hom te verander op die voorwaarde dat hulle ’n beloning van R7 500 vir hul werk sou ontvang.

Volgens Ramovha het een van die amptenare destyds ’n junior personeellid se intekenbesonderhede gebruik om die verandering op die stelsel aan te bring. Die departement se kantore in Nigel het egter in 2018 verdagte aktiwiteit op die stelsel opgetel waarna die Valke ondersoek ingestel het.

Al vier verdagtes is gevolglik in hegtenis geneem. Een van die verdagtes het intussen as amptenaar van die departement afgetree.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
Androclus

Fly by night (kits ryk word alleen)

VannieBaai

Maar is dié Morné Pretorius nie dieselfde man van PE wat baie onlangs vermis geraak het en toe op die uiteinde in Jeffreysbaai, ongedeerd, gevind is nie????? Vreemd hoe die legkaarte so in plek val………

ES

Die ergste van alles is, hierdie is net die paar mense wat hulle gevang het. Daar is honderde mense wat hierdie tipe van vervalsing elke dag doen.

Jaco

Hoe het hierdie die nuus gehaal??? 56 Moorde per dag in SA , 150 verkragtings per dag en ‘n gemidelde diefstal van R150 miljoen per dag deur die staat. Hierdie is soos kleingeld.