Man sterf, 15 beseer in botsing

Foto: @Netcare911_sa/Twitter

Foto: @Netcare911_sa/Twitter

‘n Man is Maandag dood en 15 mense beseer in ‘n botsing tussen ‘n vragmotor en ‘n minibustaxi in Vereeniging.

Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, sê die botsing het op die R28 plaasgevind. Sy sê die vragmotor het na die botsing omgeslaan en in vlamme uitgebars.

Steinmann sê die beseerdes is op die toneel behandel voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere mediese sorg. “Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en sal deel vorm van die polisie se ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.