Man sterf, 4 beseer toe voertuig rol

Foto: ER24

ʼn Man is dood en vier ander mense, onder wie twee kinders, is beseer toe ʼn voertuig Vrydagoggend op die N8 naby Petrusburg in die Vrystaat gerol het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, sê paramedici het omstreeks 10:40 by die toneel opgedaag. Daar het hulle die wrak van die voertuig langs die pad aangetref, met die bestuurder nog in die motor vasgekeer. Twee volwassenes en twee kinders het buite die motor gelê.

“Paramedici het die bestuurder in die voertuig ondersoek en gevind dat hy veelvuldige beserings opgedoen het. Hy is dood verklaar,” sê Meiring.

Die vier mense buite die voertuig het verskeie beserings opgedoen wat van gering tot kritiek gewissel het. Die beseerdes is op die toneel gestabiliseer voordat hulle na hospitale gehaas is. Volgens Meiring was een van die kinders in só ʼn ernstige toestand dat die kind per helikopter na Mediclinic Bloemfontein geneem moes word.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Paul ·

Dan sê hulle veiligheidsgordels red lewens. Hier lyk dit of die bestuurder, wat dit aan gehad het oorlede is, en die res lewe.

Gordelaltydvas ·

Nee n veiligheidsgordel is baie belangrik om kanse op dood te verlaag.

Posduif ·

Paul, ek stem saam. Ek was al in so ongeluk. As ek my sitplekgordel gedra het, was ek nie vandag hier nie.

Lcom ·

Die enigste rede hoekom ek hierdie bootskap kan skryf is omrede ek my gordel aangehaat het. ( 2018/01/11 )

Philip ·

Ai so tragies. Dit kan seker net spoed wees want hoe rol jy ‘n motor op so pad tensy diere of anderv voertuie betrokke was en van die toneel verdwyn het. Innige simpatie

MC ·

GORDEL ALTYD VAS ASSEBLIEF, DIT IS UITERS NOODSAAKLIK OM JOU EN JOU GELIEFDES TE BESKERM..

DS ·

Veiligheidsgordel is nie ‘n waarborg dat jy gaan oorleef nie. Sit maar aan en bid dis nie jou tyd nie.

Lcom ·

R21 regiut gery maar getref deur n voertuig wat my laat rol het virskeie kere. Seer gekry maar dankbaar vir my gordel.sou nie dit anders gemaak het nie

Andre ·

Hoe weet ons die bestuurder het ‘n gordel aangehad? Hy het dalk sy kop pap geslaan teen die windskerm omdat hy dit nie gedra het nie. Dalk het hy maar dit help nie vir ‘n hartval nie ens… Beseerdes kon dalk uitgeklimhet (geringe beserings en kind kritiek). Dankbaar howe reageer nie net op ‘n nuusberig voordat hulle die bevinding maak en die vonnis uitreik nie. Dit so chaos wees. Dan, iemand wat nie ‘n veiligheidsgordel dra nie het nie die vermoee om wetenskap te verstaan nie! Vra enige motorrenjaer.

IK ·

Ek kan net dankbaar wees dat gedurende 58 jaar+ het my voertuie nie die geneigdheid gehad om om te slaan. Inderwaarheid was ek al in moeilike situasies waar andere my wou doodry maar ek die ongeluk kon vermy. Dus is ek ongeluksvry tot dusver met groot genade. Die grootste bydraer is onoordeelkundige spoed en blatante verontagsaming van padreëls. Ek sien dat soos daar gery word word daar reeds geoefen om dood te raak op die pad hierdie vakansie want daar word gery ook vir plekke met die verbysteek in die gesig van aankomende verkeer.

Mariaan ·

Tragies…ai en dit nog die tyd vd jaar…sterkte aan die familie

Barno ·

Daai is ‘n Hyundai Creta.

‘n Nuwe(rige) voertuig, nou maar ‘n jaar of 3 op die mark.

Fun fact, die Creta is nêrens in die wêreld beskikbaar met stabiliteitsbeheer nie. Stabiliteitsbeheer (ESP) is bewys om ‘n geweldige rol te speel om te keer dat jy nie beheer verloor oor jou voertuig nie. Veral as jy sou moes uitswaai vir iets.

Ek het onlangs ‘n klein VW UP! gekoop vir besigheidsdoeleindes en die klein karretjie (die goedkoopste VW wat jy kan koop) kom volledig met 4 lugsakke, stabiliteitsbeheer, banddruk monitering en ABS. In ‘n karretjie wat R170 000 kos.

Ek dink dis skokkend dat motor vervaardigers wegkom daarmee om kortpaaie te vat met veiligheid sodat hulle ‘n paar rand se produksiekoste kan spaar. Die Creta is glad nie te koop in Europa of Amerika nie, omdat hulle nie die verkoop van nuwe voertuie sonder stabiliteitbeheer toelaat nie. Laat mens dink.

B ·

En dis PRESIES die rede (ESP) hoekom ek eerder die CX3 oorweeg het, in plek van die Kreta.
Gerief soos bv leersitplekke is belangriker as veiligheid vir Hyundai

Andre ·

Stem saam Barno. In SA (ook Afrika) word enigiets verkoop solank dit werk skep, belasting inbring en dit lyk “tough”. NCAP en veiligheid (passief en aktief) is “not required” want ons gaan mos net “versigtig” ry en ongelukke vermy. Daar is ‘n hele paar SA motors wat nie in die eerste wêreld toe gelaat word nie. Net omdat almal dit koop of dit lyk sterk en kragtig beteken nie dis veilig nie. Vat verantwoordelikheid vir jou en jou geliefdes se veiligheid wanneer jy ‘n voertuig koop want niemand anders gaan nie. Doen jou huiswerk voor jy koop.

Kobus Swanepoel ·

‘n Motorband bars nie. Daar is nie genoeg druk in enige motorhawe se lugdruk stelsel om n band tot op bars druk te pomp nie. Dit bestaan nie. Pap ry bestaan wel, dan wanneer die band gedaan gery is lyk dit of hy gebars het

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.