Man sterf buite hospitaal ná hy glo weggewys word

Die liggaam buite die Tshwane-distrikshospitaal. (Foto: Lynette van der Merwe)

Die Tshwane-gesondheidsdistrik sê hy stel ondersoek in ná ʼn man Dinsdagaand buite die Tshwane-distrikshospitaal dood is. Die man is na bewering vroeër weggewys omdat hy “te vuil” was om behandel te word.

Lynette van der Merwe, ʼn lid van die plaaslike buurtwag in die omgewing, het aan Maroela Media gesê sy en haar man, Hardus, is Dinsdagaand na die hospitaal uitgeroep, ná berigte dat ʼn liggaam buite die hospitaal lê.

Met hulle aankoms het iemand reeds die liggaam met ʼn duvet toegegooi. Volgens omstanders was die persoon ʼn inwoner van Melgisedek, ʼn vervalle gebou in Riviera waar talle haweloses woon. Van die ander inwoners het by die man se liggaam saamgedrom.

“[Die omstanders] het gesê die persoon het ernstige longontsteking gehad en dat hy vroeër die dag na die hospitaal toe is vir hulp. Die hospitaal wou hom na bewering nie help nie en personeellede het glo vir hom gesê dat hy vuil is en hulle hom gevolglik nie in die hospitaal kan toelaat nie,” het Van der Merwe verduidelik.

Die man het buite die hospitaal, in Dr. Savageweg inmekaargesak. ʼn Motorwag het hom tot op die sypaadjie gehelp, waar hy ʼn ruk later gesterf het.

Van der Merwe het bygevoeg hulle het self tevergeefs probeer om ʼn ambulans of polisievoertuig te oortuig om by die liggaam stil te hou. Hulle het uiteindelik die Pretoria-Sentraal-polisiestasie gekontak wat gereël het dat die persoon weggeneem word.

“Dit is vir my skokkend dat hy hulp geweier is,” het Van der Merwe gesê.

Volgens Mothomone Pitsi, hoofdirekteur van die Tshwane-gesondheidsdistrik, dui voorlopige inligting daarop dat die oorledene nié by die hospitaal om hulp aangeklop het nie.

“Dit lyk in die stadium of die man by ʼn snoepwinkel buite die hospitaal gesterf het. Volgens die hospitaal het hulle die voorval ondersoek en bevind dat die persoon nié in die hospitaal was nie,” aldus Pitsi. “Hy het skynbaar daar verbygestap, besluit om te rus en nie weer opgestaan nie.”

Volgens hom is daar egter bewerings dat dit nié die geval is nie en hy het gevra dat enigeen met meer inligting oor die voorval na vore sal kom. “Ons is besig om inligting te versamel om vas te stel presies wat gebeur het,” het Pitsi bygevoeg.

Maroela Media het ook die polisie om kommentaar genader en wag op terugvoer.

Dié beweerde voorval is een van verskeie die afgelope ruk wat ernstige vrae oor die gehalte van gesondheidsorg in die stad laat ontstaan het. Maroela Media het Woensdag berig ʼn ondersoek is gelas nadat ʼn vrou Maandag by die hek van die Stanza Bopape-kliniek in Pretoria moes kraam. Die kliniek het die vrou weggewys en na die Mamelodi-hospitaal verwys sonder dat sy ondersoek is. Sy het nie verder as die hek gekom toe die baba gebore is nie.

Pitsi het die vrou, haar familie en die gemeenskap reeds vir dié voorval om verskoning gevra.

Die LUR vir gesondheid in Gauteng, dr. Bandile Masuku, besoek intussen vanmiddag die 76-jarige Martha Marais, ʼn oumagrootjie van Eersterus wat einde Mei ʼn nag lank aan ʼn hospitaalbank in ʼn gang van die Mamelodi-hospitaal vasgebind gelê het. ʼn Video van Marais wat spartel om los te kom, terwyl haar dogter Stephnie hospitaalpersoneel soebat om haar ma te help, het opslae gemaak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Isak ·

Verlede week n vrou wat by buite die hospitaal mos kraam, nou n man dood dit in een week. Die regering en die hospitaal mens wil nie werk vir hulle geld nie. Die man was daar vir hulle maar die mens by staatshospitale dink hulle is te grend. Ramapasa moet sy gesondheid minster en al sy lei gatte by die staatshospitale fire en mense aanstel wat regtig omgee vir siek mens. En Rampie stel ook meer dokters en susters aan by die hospitale. Een dokter vir n ongeval hoe dink julle moet hy almal sien.

AI AI ·

Ai dit is so hartseer ….nee regtig hoor …die hospitale moet staff in kry wat mense wat siek is wil help maak nie saak wat nie …sit handskoene aan dan … :-(

Oath ·

Just another example of how the doctor’s oath means nothing anymore. Says alot about their honour and integrity…

Johan ·

Belaglik! Mag die verantwoordelikes eendag verantwoording doen.

Pieter ·

Dit het tyd geword dat die ministers se mediese fondse weg gevat word dat hulle staats hospitale toe gaan veral die minister van gesondheid. Hulle praat van mense regte, ek glo nie hulle weet wat beteken die woord nie. Dit is n skande!

Pieter Bruyns ·

‘n maand gelede was ek weg gewys deur ‘n jnr dokter wat geweier het on my te behandel. Hy het gese hy doen net nood gevalle en het nie tyd vir my nie. Ek is n staats pensioenaris en kry behandeling vir copd. Na heeldag se wag moes ek loop en nou sit ek maar by die huis sonder enige medikasie.

Marinda ·

Amper 15 jaar terug is my suster weg gewys op ñ Sondag aand by SH hospitaal in Johannesburg, pyn pille in die hand gestop. Daar gaat jy en dit na die brandweer haar hospitaal toe geneem het, want daar was nie ñ ambulans beskikbaar nie. Sy is aan gesê om die volgende dag terug te kom. Wat soek sy daar? Hulle kan nie nou met haar deel nie. Die kamstige Dr en staff aan diens het haar nie eers ondersoek nie. Die volgende oggend is sy net na 7 oorlede in my ma se arms, na doodse ondersoek: broncho pneumonia. Niks het verander nie. So lyk dit nog al die tyd. So word die mense in Suid Afrika behandel. En nee, sy was nie vuil nie.

Bietjie baie ·

Jammer van die Dept Gesondheid, maak net mooi NIKS meer reg nie.
Hoeveel Medical Legal Eise word daar jaarliks uit betaal?
Wat sal ons hierdie SKANDAAL noem? Disgusting Provincial Nursing Services.

Ben ·

Ek stem saam met jou Hannelie. Dit is n groot skande vir n hospitaal. Maak die plek sommer toe. Almal behoort gehelp te word. Al is hy hoe vuil. Sit hom dan n uur in die bad en ontsmet. Ek is seker, n straathond word beter behandel deur die SPCA!

Valerie ·

Kamtige Ubuntu; SA kan net twee dinge goed doen: propaganda en bedel. ‘n Land wat niks vir sy eie mense voel nie sal tot niet gaan.

jaco ·

ek sal graag wil weet wat die man se ras was: as hy wit was, verstaan ek die slegte behandeling – dis deel van die straf op wit mense vir apartheid. dis nie mooi of reg nie, maar dis nou maar hoe dit is.
MAAR as hy swart was, dan is dit BAIE vreemd. Hanteer “our people” dan hulle mede-“our people” so sleg?

Anon ·

Niemand het enige mens so in die “apartheidera” behandel nie… Siellose swakkelinge!

Jan ·

Ek verstaan die hospitaal se punt.die land is hopeloos oorbevolk en mense bevuil en vernietig alles…daar is bloot te veel mense…

McG ·

As jy by ‘n staatskliniek bv sit, kyk bietjie na die kamtige Batho Phele Principles wat lewebsgroot teen ‘n muur geplak is. Dis al wat dit is – letterlik nie die papier werd waarop dit geskryf is nie. Weer iemand wat seker ge – ‘no but I thought’ het….

Kobus ·

Onbevoegde mense a.g.v.
Onbevoegde leierskap. Kan soveel mense en Hospitale besoek soos hy wil daar sal niks van enige ondersoek kom nie. Regeringsampt en Politisie moet gedwing word om van Staatsgesondheid gebruik te maak soos Pensioenarisse.

aj ·

Die haglike situasie by hospitale regverdig die afkondiging van ‘n NOODTOESTAND en die aanwending van die WEERMAG om die krisis te hanteer.

Hier is miljoene vlugtelinge van naburige disfunksionele lande wat bydra tot die onhanteerbare las, sowel as die chaos en anargie in die gesondheidstelsel.

Die Verenigde Nasies moet kom help met die repatriasie van onwettige buitelanders … Suid Afrika het nie die kapasiteit om dit te doen nie.

Arak ·

Ongelukkig is ek van mening dat die regering hierdie insidente gaan misbruik om hulle nasionale gesondheidsplan te probeer dryf.

Nadia ·

Ja jong – “proudly south african”. Ek het nou die dag ‘n baie interessante ding gehoor…….Jy kan nou jou nursing graad koop vir R4000…… Geen wonder dit gaan so in die hospitale nie.

Rina ·

Lankal genoem dat daar werkers is wat lui is en nie meer moeite wil doen nie. Die wat geweier het het moord gepleeg. EK skaam my vir julle wat siek mense so behandel. Julle moet bedank en tuis bly want julle is nutteloos.

wielie ·

Mag die persoon wat hom weg gewys het n lang stadige pynlike dood eendag sterf.

Bekkie ·

Selfs met geen opleiding in verpleging, kan mens iemand in nood beter behandel en help. Dit noem mens omgee en respek. Dit is n skande.

Gehelp ·

n Straat persoon is mediese behandeling geweier in Gauteng en noodgedwonge na Limpopo geneem waar die persoon ook by die provinsiale gesondheidsorg dienste geweier is. Daar is n privaat versorgings eenheid wat hom toe in geneem het en letterlik 7 ure aan hom spandeer het om hom skoon en higienies te kry. Daarna is daar daagliks vierure aan hom spandeer net om sy wonde wat hy opgedoen het skoon te maak en die nodige medikasie toe te dien. Dit is alles gedoen teen n koste van R550.00 per dag waar daar dan ook nog voeding ens gegee word. Hierdie versorgings eenheid ontvang geen subsidies van enige aard van die Staat, provinsie of Munisipaliteit nie. Die persoon in beheer werk gemiddel 18 uur per dag om die nodige mediese behandeling aan pasiente te lewer en ontvang nie n enkele sent vir haar dienste nie. Dit is waarvoor verpleeg personeel en die eed wat afgele is opgelei. Die nuwe geslag en nuwe RSA gaan net om geld verdien, tee tye, aftyd en geregtig op perks, geen belang by pasiente nie.

cha ·

Wie is die persone wat beweer dat die hospitaalpersoneel die man weggewys het omdat hy te vuil was? Uit die berig lei ek af dat niemand saam met die man was nie.

GL ·

Ek is glad nie verbaas deur hierdie opdrag nie, dit is net weer n bewys dat hierdie land n sirkus is wat bestuur word deur (mag nie se nie). Daar is net een oplossing en dit is gebed.

Fisies kan ons net uit die land uit of …………. ?

ne ·

En so wil ramaposa hê ons moet behandeling ontvang van die nasionale gesondheid????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.