ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, is Saterdagaand dood nadat hy deur ʼn taxi getref is.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 19:25 in Bloemfontein plaasgevind.
Die taxi het aan die kant van die pad gestaan toe die paramedici by die toneel opdaag.
“Die man, vermoedelik in sy 40’s, het in die middel van die pad gelê. Hy het verskeie beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand,” het Meiring gesê.
Hy is volgens Meiring op die toneel behandel en toe na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir verdere behandeling. Die man het egter by sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.
Niemand in die taxi is beseer nie.
Die polisie ondersoek die voorval.
Ek kan nie glo dat die taxi nie weggejaag het nie.
Die voetganger was waarskynlik skuldig en het voor die aankomende taxi inbeweeg, sonder dat die taxi hom betyds kon sien, dus hoef die taxi nie weg te jaag nie. Dis soos ‘n stomme dier wat die taxi se ligte maklik in die donker op ver afstand kan sien, maar nie besef dat hy nie ook ligte/ligreflektors het nie en dus nie op ver genoeg afstand sigbaar is nie. Voetgangers loop gereeld voor treine en voertuie in en moet maar die gevolge dra – statisties is omtrent een derde van padsterftes voetgangers .
wat ek nie kan gko nie, is dat die sapd hom nie gaan haal het nie. kanse is, almal op daardie roete weet mos wie hy is. hoeveel mense gaan nog deur haastige taxi bestuurders van hulle lewens beroof word? wat het geword van die jong weermag man wie in Pta van sy motorfiets afgery was?
Bly n gevaar op die pad,wanneer gaan die owehede ophou bang wees vir hulle?
hulle jaag soos besetendes. ry oor rooi robots en is geensins oor ander gepla. die taxieienaars moet vas gevat word.