Die liggaam van ʼn man in sy 50’s is Maandag by die Germiston-meer aan die Oos-Rand gevind.
Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man se liggaam het in ʼn gazebo by die meer gehang. ʼn Verbyganger het op die man se liggaam afgekom.
“Paramedici is na die toneel ontbied, maar niks kon vir die man gedoen word nie. Hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê.
Die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel. Meer inligting volg.