Man sterf by Kusile-kragstasie

Kusile-kragstasie Foto: Khulu Pasiwe (Eskom), Twitter

ʼn Werker is Maandagoggend dood by die Kusile-kragstasie naby Witbank in Mpumalanga.

Khulu Phasiwe, Eskom se woordvoerder, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

“Ek kan bevestig dat ʼn kontrakwerker deur die loop van die oggend by die stasie oorlede is. Die bevestiging aan die familie en die ondersoek laat ons aan die polisie oor,” het Phasiwe gesê.

Kol. Mtsholi Bhembe het die voorval bevestig. Hy kon egter nie onmiddellik bevestig hoe presies die werker dood is nie.

“Die werker het na bewering net inmekaargesak en gesterf en die polisie is na die toneel ontbied,” het Bhembe gesê.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word gedoen.

Hou Maroela Media dop vir meer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ferdi ·

Die man sak inmekaar, en die polisie word ontbied. Word daar gemene spel vermoed?

RHG ·

Ferdi, die man was waarskynlik nie siek nie en sterf skielik by sy werkplek. Dit kan komplikasies inhou vir die kragstasie. As hulle verantwoordelik was, kan daar eise kom. Die polisie moet dit ondersoek. Die polisie verwyder die liggaam en doen ook die outopsie om die oorsaak van dood vas te stel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.