Man sterf by Mighty Men-saamtrek

Harald Moll en sy vrou Esthea Moll. Foto: Facebook.

ʼn 32-jarige man van Bethlehem in die Vrystaat is die afgelope naweek by die bekende Maluti Mighty Men-byeenkoms dood.

Kapt. Zweli Mohobeleli, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media bevestig dat Harald Moll dood is tydens dié byeenkoms wat die naweek op die Karmel Gasteplaas naby Fouriesburg in die Vrystaat plaasgevind het.

“Die polisie doen ʼn geregtelike doodsondersoek. Die nadoodse ondersoek sal die oorsaak van sy dood bepaal,” het Mohobeleli gesê.

Volgens berigte het Moll Vrydagaand gaan slaap en is hy Saterdagmiddag in sy sleepwatent dood aangetref nadat ander na hom begin soek het

Werner Maree, een van die organiseerders van die byeenkoms, het Maandag aan Maroela Media gesê die omstandighede rondom Moll se dood is nog nie duidelik nie.

Moll was nou betrokke by die byeenkoms en het volgens Maree “baie gehelp” met die aanlê van elektrisiteit vir die byeenkoms voor en tydens die saamtrek wat deur duisende mense bygewoon is.

“Ons wil nie bespiegel oor die oorsaak van sy dood nie, ons sal wag vir die uitslae van die nadoodse ondersoek. Joe Niemand, een van die gastesangers by die saamtrek, het Psalm 23 aan Harald opgedra. Hy het vir mense gesê omdat hy self sonder ʼn pa grootgeword het, wil hy mense dit regtig op sy hart druk dat as hulle wil hulle dalk ʼn bydrae kan maak vir sy [Moll se] gesin en sy seun, Wian, wat nou sonder ʼn pa gaan grootword,” het Maree gesê.

Volgens Maree het iemand ook aangebied om vir Moll se begrafnis te betaal. Hy het gesê sommige mense het sommer by die byeenkoms al vir hulle geldelike bydraes gegee en sou daar nog geld oorbetaal word, sal ʼn aparte trustrekening gestig word.

Moll word oorleef deur sy vrou, Esthea, en hul seun, Wian.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anoniem ·

Baie syerkte asn die familie dit het GOD behaag ××××

Chris Ws ·

Van wanneer af “behaag” dit GOD om mense dood te maak??Daar bestaan nie so iets nie.Ons dien ‘n GOD van liefde nie van bestrawwing nie!Satan is die een wat mense voor tydig laat sterf veral as hulle in GOD se diens staan soos in die’ man se geval.
Alle sterkte met die familie in die tyd van rou.

Piet ·

As jy namens God wil praat dan vra ek jou net om asb te se waar dit in Sy Woord staan. Jy kan tog sekerlik nie besluit wat God behaag as jy nie n studie van die bybel gemaak het nie, of hoe?

Lola ·

Dalk het dit niks met godsdiens uit te waai nie maar dalk die elektrisiteit waaraan hy vroeer die dag gewerk het. Julle weet, soos in net ‘n fratsongeluk?

jan k ·

Chris ws. So word dit maar weer bewys dat die mens uit sy eie afgeleide gedagtes met onkunde homself oordeel in wat hy sê. Of dit God behaag het om dié man se lewe te neem weet ek nie , maar wat ek wel weet en wat wel geskryf staan , is dat dit God behaag het om sy Seun , Jesus Christus , te verbrysel en Hom krank gemaak het. Hierdie God van liefde handel in liefde volgens Sy raadsplan en nie volgens “liefdes definisies” van die mens nie. So Chris ws , amoniem het n insig in God se liefde wat jy tans mis.

Stoffel ·

Genade tog, ou “Genade tog” … hoe kom jy daarby uit?

Francois Joubert ·

Nee wat, dit was maar net die gasyskassie wat gas gelek het. Dit kan in enige kamp situasie gebeur.

Oom Kalahari ·

Dit is werklik hartseer en ‘n groot verlies vir Harald se gesin en familie. Alle simpatie en wens die gesin, familie, kollegas en vriende alle sterkte toe gedurende hierdie rou tydperk en mag jul die Vertroosting vind by die Hemelse Vader.

Martie U. ·

Baie sterkte aan sy gesin, mag julle vertroosting kry dat NIKS sonder God se Wil gebeur nie en dat Hy julle vashou!!

Noujatoe. ·

Vir diegene wat nog nie agter die kap vd byl gekom het rakende die bykans sektariese spul heethoofde nie, dink weer.
Skotse serpies word as ‘gesalfde’ kleedstukke verkoop.
In n stadium was die energiedrankie VEMMA* by die galonne in droë kele van dorstiges verkwansel.
* Bevind die hele besigheidsplan van hierdie produk niks minder as n piramiedskema verteenwoordig nie.
Dieselfde 2 hoofbemarkers…nou aan $tuur van sake in die Weskaap.

verstaan nou nie? ·

huh? waarvannnnnnnnnnnnnnnnn praat die persoon?

Hannelie ·

Noujatoe…..is jy nie dalk op die verkeerde bladsy nie? Jy praat so bietjie Grieks.
Sterkte aan sy gesin, mag jul vertroosting vind.

LORRIE ·

Piet – die woord behaag beteken (dit laat jou lekker kry)
Ons God is n God van liefde…. Hy sal nooit lekker kry oor jou leed en hartseer nie!!!!
Hy laat wel toe dat dinge in ons lewe kom – om te kyk of ons nie ons vertroue in Hom wil stel nie.

jan k ·

Lekker kry is maar n eng beskrywing vir wat n omvattende gedagte vir/van God is. Behaag verwys in n voller konteks na n “begeerte” , “ten gunste van”, ” wat beweeg” om te handel en om daarin plesier te hê volgens n raadsplan.
Om bg. te illustreer word verwys na Jes.53:10 ” Dit het die Here behaag om Hom ( Jesus) te verbrysel , Hy het Hom krank gemaak , ……..”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.