Man sterf by ontspanningsoord

Die Klipkruisfontein-oord. Foto: Facebook via City of Tshwane Resorts

ʼn Man is Sondag by ʼn ontspanningsoord in Soshanguve, noord van Pretoria, dood nadat hy glo in ʼn swembad geduik en sy kop gestamp het.

Lindela Mashigo, Stad Tshwane se direkteur van mediaskakeling, sê die voorval het omstreeks 10:30 by die Klipkruisfontein-oord gebeur. “Die oorledene het glo in ʼn swembad ingeduik en sy kop gestamp. Lewensredders het hom uit die swembad gehaal en probeer om hom weer by te bring, maar hy is later dood verklaar,” sê Mashigo.

Die oorledene se familie is daarna in kennis gestel. Mashigo sê daar is berading aan die lewensredders asook ander personeel van die oord gebied.

“Met die vakansieseisoen tans aan die gang, asook die warm temperature reg oor die land, word die stad se fasiliteite ten volle benut. Ons wil ouers en ander gebruikers van ons swembadfasiliteite versoek om die reëls te gehoorsaam en hul samewerking aan lewensredders te gee om sulke tragiese voorvalle te voorkom,” sê hy.

“Ons betuig ons innige medelye met die oorledene se naasbestaandes.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Poppie ·

Berading aan die lewensredders ook? Imagine die nooddienspersoneel moet na elke voorval berading ontvang. Ek verstaan en simpatiseer met die mense wat dit aanskou het en sy familie.

Gerhardb ·

Stem Poppie, Berading aan die Lewens Redders??? Hulle is dan opgelei vir die werk en verstaan die trauma…..Dis Belaglik.

RHG ·

Poppie, ek glo nie so iets gebeur dikwels by ‘n ontspanningsoord nie. Lewensredders op bystand kry hopelik nie baie met sulke gevalle te doen waar ‘n mens sterf nie.
Ek weet dat werkers by die DBV bv. wat gereeld diere moet uitsit, van tyd tot tyd vir berading gaan. Hoe sal ons weet of noodwerkers berading kry of nie?

Ena ·

Ek stem ook Poppie. Dan moet hulle aan die publiek wat daar was en die hele episode beleef het oob berading aanbied. Belaglik absoluut.

Cherokee ·

Wat presies is berading? Mens lees dikwels daarvan maar sommige realiste het nie ‘n idee wat dit is en hoe dit toegepas word nie.

Risko ·

Ek gaan vir berading omdat ek dit gelees het.
Ons outjies wat op 19 grenadiens gedoen het, het baie erger ervaar maar het eenvoudig aangegaan met ons lewens.

Bokkie ·

Ek is n vroedvrou en het verlede jaar n patient gehad, sy het haar baba verloor op 38weke.Dit was n concealed abruptio. Ek kon dit verhoed nie. Ek was en is nog steeds getraumatiseerd, en ek gaan nog steeds vir berading. Ons is net mense met gevoelens…

Ook net mense ·

@Poppie, lewensredders is ook mense, ek dink partykeer as paramedici, polisie etc berading gekry het sou ons nie mense(soos polisie etc) gehad het wat aan depressie lei, en hulle vrouens en kinders doodskiet en goed nie. Ek dink dit moet baie traumaties vir hulle wees, vir ENIGIEMAND wat iemand se lewe probeer red en niks kon doen nie

Antoon ·

Lewensredders, noodpersoneel, polisie, verpleegsters, dokters – noem maar op – is ook net mense. Jy kan nie mense leer om “gevoelloos” teenoor trauma te wees nie. Ek is daagliks betrokke by hierdie tipe “berading” – wat eintlik niks meer as net ‘n “debriefing” is nie. Ure later is daardie persone weer op hul pos en hoop almal maar hul gaan “cope”. Hoop die snuurknolle kan tussen die lyne lees.

Ronel ·

Ja berading vir Lewensredders ook! Hulle is ook mense met gevoelens en ja elke geval waar hulle ‘n pasient verloor is vir hulle net so moeilik! Ja hulle is opgelei vir die werk maar hulle het nog ‘n hart! Nee dit is definitief nie belaglik nie!!!!!!! My seun is ook ‘n lewensredder en het ‘n hart van goud en sy werk is vir hom super belangrik!!!!

Paramedic ·

Jy moet weet waarvoor jy jou inlaat as jy sulke tipe werk wil doen. Selfde as n dokter wat wil flou val as hy bloed sien. Hul werk moet belangrik wees en hulle het ook n hart. Hoeveel dokters het nie al pasiente onder die mes verloor. Hul kan mos nie gaan elke keer vir berading. Ek vertaan ook as familie/vriende/omstanders gaan vir berading. Ek het geweet wat ek gaan verwag die dag toe ek paramedic geword het. Maar dit is die eerste keer wat ek hoor nooddienspersoneel moet gaan vir berading vir iemand wat geduik het. As hul nog gruwelik vermink is, kan ek dit ook verstaan.

Niel ·

in feestyd is daar ook baie nuwe lewensredders wat vir die eerste keer die werk doen… So dis te verstane dat hulle ‘n “ontlont-sessie” moet ondergaan net om seker te maak hulle het nie later post trumatiese stres ens nie… ek dink

Jurie ·

En stem saam jou Ronel hulle het ook n hart soos almal.My swaer was n brandweerman en in 2000 het hulle hom ver moord terwyl hy aan diens was en sy hulle span wat daai aand saam hom gewerk het en almal by die brandweer stasie het gegaan vir berading maar dis waar mense wil altyd iets se maar weet nie regtig wat hulle se

Elmarie ·

Hoe maklik praat dié wat nie sulke situasies moet hanteer nie. Dis mense met gevoelens, nie robotte nie. Of is die grootmonde so hardvogtig dat ander se leed hul nie raak nie?

Ronel ·

My liewe Paramedic, ja dis afgryslik al die ongelukke wat JY sien en beleef. Dankie vir julle dienste ons waardeer dit MAAR hoe gaan sê jy vir ‘n ma haar jong kind het verdrink en gaan onverstoord aan met jou lewe? Wil jy vir my sê dit raak jou tog nie n bietjie nie? Ek sê nie berading na elke lewe wat jy verloor het nie maar nie almal kan so HARD deur die lewe gaan nie.

Ampie ·

Kom ek wees nou maar reguit. Die klomp wat so gal braak oor berading vir die lewensredders net die volgende. Jul weet nie waarvan jul praat nie. Ek was n fotograaf in ou SAP en trots daarop. Ook gedink ek is Rambo en kan maar net dag vir dag dooie mense afneem en ek sal reg wees. Toe nie. Ek daag enige een uit op die forum om n lykskouing te dek of n selfmoord toneel waar die pa in die garage aan die dak hang en sy kinders kom van die skool af en vind hom, dood leweloos. Moenie klippe gooi. Jul sit rustig agter jul rekenaars of op jul beddens en lewer kommentaar terwyl jul te slapgat is om dit te gaan doen. Gelukkig het ek in 1996 besluit genoeg is genoeg en n skeidingspakket geneem en gegaan vir berading. Anders het hul my kom afneem. Komaan man!! Moenie net kritiek lewer.

Johan ·

Dankie Ampie vir jou sinvolle insetsel – duidelik van iemand wat weet waarvan hy praat.

Nel ·

Ek sien absoluut geen fout met die feit dat hulle berading ontvang nie. Dit is verseker nie iets wat gereeld gebeur by vakansie oorde nie. Dit is ook ‘n teken van hoe bestuur van die oord oor hulle personeel voel, sodat daar nie later van tyd opgekropte emosies oor die voorval sal wees nie. Dít is goeie bestuursvernuf. Sterkte aan almal betrokke!!

AMS ·

Alles goed en wel dat die mense gaan vir berading. Maar wat ek wil weet wie betaal daarvoor? En as die belastingbetaler betaal, kry die mense wat in hulle huise aangeval is en sommige selfs gemartel is en mos sien hoe hulle geliefdes vermoor word ook dieselfde behandeling? Die een trauma is mos net so erg as die volgende.

Marlize ·

Lewens Redders is ook mense en alhoewel hul opgelei word vir sulke gevalle kan dit nie maklik vir hulle wees. Die wat teen dit is moet eerder hul opinie vir hulself hou. Hul weet nie waardeur die mense gaan. Aangesien dit ook by ‘n vakansie oord gebeur het word hul nie daagliks in die gesig gestaar met sulke gevalle nie.

My innige simpatie met die familie. God dra jul deur die moeilike tyd.

Lienk ·

Hoe kry ek hoendervleis toe ek die artikel lees. My pa is op dieselfde manier oorlede by Pines Resort in Krugersdorp. Die glybaan waarop hy afgegaan het se swembad is te vlak. Hy het sy kop op die bodem gestamp. Hulle kon hom by kry maar hy was verlam van sy nek af ondertoe. Die ongeluk het 26 Desember 2013 gebeur en my pa is die 1Ste Januarie 2014 oorlede. Ons het probeer dat ‘n ondersoek geloods word maar die eiernaars van Pines het geweier. Sterkte aan julle

Piet ·

Een Km buite Alldays in die rigting van Vivo het iemand wat ek ken beheer oor haar bakkie verloor en gerol. Die deur het oopgevlieg en sy het uitgeval maar haar sitplekgordel was om haar nek. Die polisiemanne het haar aan haar gordel gesleep met minder respek as wat ek aarbeiders n sak aartappels sien sleep. Ek het gehelp om haar liggaam uit die sekelbos los te wikkel sodat dit haar liggaam nie verder moet beskadig nie. Hulle moet maar hoor of die mense berading wil he want glo my, party mense het dit nie nodig nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.