Man sterf by polisiestasie

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

ʼn Man wat erg aangerand is, is Sondag by die Orkney-polisiestasie in Noordwes dood, kort nadat vier mans hom daar afgelaai het.

Lt.kol. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die vier mans het die 31-jarige man daarvan beskuldig dat hy ʼn tabletrekenaar gesteel het.

“Ambulansdienste is na die toneel ontbied en die man is by die polisiestasie dood verklaar.” Volgens Makau is twee van die vier mans, onderskeidelik 27 en 31 jaar oud, op die toneel in hegtenis geneem op aanklag van moord.

Die verdagtes sou Maandag in die Orkney-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ahooy ·

Mense is keelvol vir ons swak regstelsel. As die diefstal by die SAPS gerapporteer word ondersoek die beampte “round the clock” maar vorder nie verder as n millimeter nie. As die verdagte aan hulle oorhandig word op n skinkbord is hy binne ure weer op straat. Indien dit tot by die hof vorder is dit ook maar skaars dat hy skuldig bevind word. En tog …. kyk hoe vol is die tronke!!! Hierdie is n paradys vir misdadegers.! N KLEIN persentasie eindig in die tronk. Geen wonder mense neem die reg in eie hande nie!!!.

Marina ·

Ahooy, stem saam, dit is tyd dat hulle robbeneinland weer oopmaak en die misdadigers soontoe stuur.

kieriefiel ·

Ahooy dis omdat meeste beamtes slaap of in die ry wag by ken tucky hulle moet ook eet voor hulle verder gaan slaap .

Lou ·

Ek hoor wat julle sê, maar na alles kan mens darem nie iemand doodslaan oor ‘n tablet nie ….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.