1 dood ná skote by hospitaal klap

Argieffoto: http://www.jameschesley.com/

Die polisie ondersoek onder meer ’n saak van poging tot moord nadat ’n pasiënt Vrydag skote in ’n staatshospitaal in Polokwane afgevuur het en in die proses doodgeskiet is.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ’n pasiënt is omstreeks 17:30 vanaf Venda na die Polokwane Provinsiale Hospitaal vervoer. Met die pasiënt se aankoms by die hospitaal het hy egter ’n vuurwapen uitgeruk en skote in een van die sale afgevuur.

Volgens Ngoepe is daar onder meer op ’n verpleër geskiet.

“Kort daarna is daar nog ’n skoot gehoor en later is die pasiënt in ’n plas bloed op die vloer van die saal aangetref met die vuurwapen wat langs sy liggaam gelê het,” het Ngoepe gesê.

Die polisie is na die toneel ontbied waar die pasiënt dood verklaar is.

’n Voorlopige ondersoek toon dat die vuurwapen aan die oorledene behoort. Hy is as die 36-jarige Thizwilonde Mochatau, ’n sakeman van Thohoyandou, geïdentifiseer.

Die motief vir die voorval is in dié stadium nog onbekend.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

humor ·

Daar blyk dat daar geen grense van verskrikking in hierdie land ooit sal wees nie.

Wurmpie ·

Kla die ambulans mense aan. Hoe ondersoek hul ń persoon wat siek is en hy het ń vuurwapen by hom

Delia ·

Regtig Wurmpie
Dink jy ambulans personeel is polisie beamptes.
Watter wet gaan hulle beskerm as hulle mense se vuurwapens in besit neem.

Rina ·

NVG is n oer besluit. SA te groot. Gaan SA finaal knou. Ons moet bakkei daarteen. Ons staan alreeds n dag in n ry vir n ID. Wag alreeds 1 dag by n kkiniek …. amptenare raak luier …..ons moet dit stop…… dis n derderangse besluit

Hmmmmm.... ·

Wonder of hierdie man geestesongesteld was…… hierdie tragiese gebeure kon in enige hospitaa,l privaat of staat, afgespeel het.

Catherine ·

…….en ons moet in dié hospitale ons lewens waag!!!!!!Derde wêreld wil eerste wêreld beleid toepas. What a sick joke

wonder maar net ·

” en in die proses dood geskiet is” klink of iemand anders die ou dood gekiet het.. en nie selfdood nie..?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.