Man sterf glo ná tref-en-trap

padʼn Man is Maandag dood aangetref op die hoofpad in Barkly-Wes in die Noord-Kaap.

“Die man, wat vermoedelik tussen 60 en 70 jaar oud is, se liggaam is op die R31-pad gevind,” het lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. “Volgens ‘n voorlopige ondersoek wil dit voorkom of die man vermoedelik in ʼn tref-en-trap-ongeluk gesterf het.”

Die man het grys hare en ʼn grys baard. Hy het ʼn blou en wit baadjie, ʼn blou broek en swart tekkies aangehad toe hy gevind is.

Niemand is nog in verband met sy dood in hegtenis geneem nie. Die polisie ondersoek die saak. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.