Man sterf in Benoni-huisbrand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is Woensdagoggend in ʼn huisbrand in Benoni, oos van Johannesburg, dood.

Volgens Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het paramedici en brandbestryders by die huis in Farramere opgedaag terwyl ʼn kamer in ligte laaie gestaan het.

“Die brandweer het die brand geblus, waarna die liggaam van die man gevind is,” het Bodasing gesê.

Die man, in sy dertigs, is op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie.

Die voorval word ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.