Man sterf in botsing op Du Toitskloof-pas

Foto: ER24/Facebook

Foto: ER24/Facebook

ʼn Man is Sondagaand dood en ʼn vrou kritiek beseer nadat twee voertuie mekaar reg van voor op die Du Toitskloof-pas naby Worcester in die Wes-Kaap getref het.

Volgens Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, is albei voertuie erg beskadig. “Die bestuurder van een van die voertuie was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het,” het Meiring gesê. Die vrou wat kritiek beseer is, is op die toneel gestabiliseer en met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Twee ander persone is ook in die botsing beseer, maar het verdere behandeling en vervoer na die hospitaal geweier.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en word deur die polisie ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.