Man sterf in botsing

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

‘n Man is Maandagoggend dood nadat sy motor teen ‘n versperring op die N2-suid naby Umdloti, KwaZulu-Natal gebots het.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het omstreeks 9:20 plaasgevind.

Botha sê die man se hart het gaan staan en dat paramedici vir langer as ‘n uur gespook het om hom by te bring maar sonder sukses. Die man is op die toneel dood verklaar.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jannie ·

Die paramediesie van suid afrika moet toegejuig word,kerels wat julle doen is welgedaan. Eks net jammer vir die treurspel wat hom in kwazulu natal afgespeel het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.