Man sterf in Cullinan-botsing

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

Die ongelukstoneel. Foto: Netcare 911

ʼn Man is Sondagoggend dood en vyf mense beseer in ʼn trompop botsing op R515 in Cullinan buite Pretoria.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die oorledene was in sy motor se wrak vasgekeer en sy liggaam moes met meganiese toerusting uit die wrak verwyder word.

Vyf mense is ernstig beseer in die botsing. Volgens Botha is die beseerdes op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere behandeling.

Die presiese oorsaak van die ongeluk word ondersoek. Die verkeer is erg ontwrig weens die botsing.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Paul ·

Ons was daar en het die ongeluk gesien gebeur. Daar was niks wat ons vir die man kon doen. Ek sal dit nooit vergeet. Ek bid vanaand vir hom en sy familie.

Elize ·

Hoe gebeur dit dat 2 karre teen mekaar vasjaag Paul? Kyk hulle nie of wat??

Peet Schabort ·

Goeie vraag Elize, dit is die hoeveelste soveelste kop-teen-kop botsing hierdie paasnaweek met ontsettende gevolge in al die gevalle. Die ergste is die onskuldiges wat ook betrokke is. Waarom kan die skuldige nie maar liewer VERDRAAGSAAM en met GEDULD bestuur? Daardie voertuig word ‘n MOORDWAPEN maar die gevolge word nie dieselfde hanteer as roekeloosheid met ‘n vuurwapen. Ek kan nie ons regstelsel verstaan.

Paul ·

Elise, jy is reg, die ander motor wat die ongeluk veroorsaak het, het nie gekyk nie. Daar was ‘n voertuig wat wou draai en toe sy die voertuig sien was sy verskrik en swaai toe verkeerde kant toe uit, reg voor die arme onskuldige man in wat oorlede is.

Cindy ·

Nou is n onskuldige man,weg geruk van sy vrou en 2 seuntjies.Net oor een persoon wat ni kon kop hou en met gedult bestuur ni,Mag Liewe Jesus julle dra deur d swaar tyd.Julle is elke sekonde in m gdagtes.

nicky ·

ons was daar verby net n rukkie na dit gebeur het oppad rayton toe en toe ons weer huistoe kom was hulle besig om die oom se lyk te verwyder ek was in trane toe ek dit sien ekt my man amper op dieselfde manier verloor net n jaar terug.. dis so vreeslik hartseer my hart is met sy familie en kinders!! DIS ONGELOOFLIK HARTSSEER

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.