Man sterf in Fochville-botsing

Die bakkie se wrak. Foto: ER24

Die bakkie se wrak. Foto: ER24

ʼn Man is dood en twee mense is beseer nadat ʼn bakkie en ʼn motor Sondagaand trompop buite Fochville in Gauteng gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het op die N12 sowat 8 km buite die dorp plaasgevind.

“Die bakkie se wrak is in die middel van die pad aangetref met paramedici se aankoms op die toneel. Die motor se wrak het langs die pad gestaan,” het Meiring gesê.

“ʼn Man wat in die bakkie was, was reeds dood toe hy ondersoek is. ʼn Vrou was in die wrak vasgekeer en moes deur die brandweer uitgesny word voordat sy in ʼn kritieke toestand na die Carletonville-hospitaal geneem is.” Die man se liggaam moes ook uit die wrak gesny word.

ʼn Man in die motor is op die toneel gestabiliseer waarna hy ook na die Carletonville-hospitaal geneem is.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Die motor se wrak. Foto: ER24

Die motor se wrak. Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.