Man sterf in fratsongeluk by kitskosrestaurant

Argieffoto: Netcare 911

ʼn Man is Saterdag in ʼn fratsongeluk in die deurrybaan van ʼn kitskosrestaurant in Midrand in Gauteng dood.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 01:40 by ʼn kitskosrestaurant in die Kyalami-omgewing plaasgevind.

“Volgens inligting wat op die toneel verkry is, het die man na bewering te ver van een van die vensters van die deurrybaan-gedeelte van die restaurant stilgehou. ʼn Ooggetuie het verduidelik dat die man uit sy voertuig geklim het, waarna die voertuig beweeg en oor hom gery het,” het Dollman Sondag gesê.

Volgens Dollman was die man, in sy 50’s, steeds onder die voertuig vasgekeer toe paramedici by die toneel opgedaag het.

“Hy is onder die voertuig uitgehaal waarna noodhulp op hom toegepas is. Hy het egter op die toneel aan sy erge beserings beswyk.”

Die brandweer, Johannesburgse metropolisie en polisie was op die toneel. Die presiese omstandighede rakende voorval word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

SjN ·

Was seker rasend honger daai tyd van die oggend, sterkte aan sy geliefdes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.