Man sterf in fratsongeluk op plaas

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is Maandag in ʼn fratsongeluk op ʼn Mpumalanga-plaas dood.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op ʼn plaas langs die Secunda-pad, wat parallel loop met die N17-snelweg, naby Devon plaasgevind.

“Volgens sy kollegas het hulle gras met ʼn trekker gesny toe ʼn stuk metaal vermoedelik van die snyer losgekom en die werker teen sy kop getref het,” het Meiring gesê.

ʼn Medewerker het hulp ontbied.

“By paramedici se aankoms op die toneel is die man se liggaam langs ʼn groot trekker met ʼn erge kopwond aangetref. Paramedici het ʼn geruime tyd probeer om die man by te bring, maar hy het geen teken van lewe getoon nie.”

Die man is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Sê maar net ·

Ja. My vraag presies. Wie gaan nou weer onskuldig daarvoor moet PA staan?

Alida ·

Ag hier kom nog n ding! Die arme boer wie se gras gesny is.

Theresa B ·

Nou gaan die arme plaas eienaar seker deurloop. Hy gaan nou weer ‘n rassis wees en die helfte van die land se niksdoeners gaan kom toi-toi op sy plaas en sy lewe hel maak.

Elsa ·

Dat die boer aangekla gaan word vir moord omdat hy seer sekerlik nie eers geweet het van die stuk metaal in die land nie, was ook my eerste gedagte. Die aksies in SA teen ons boere is duidelik sigbaar en elke klein bakatel word aan die groot klok gehang!

Willemien ·

Baie sterkte aan sy naasbestaandes, julle is in my gebede.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.