Man sterf in gru-botsing in Carletonville

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Man, vermoedelik in sy 30’s, is Vrydagoggend dood nadat sy motor reg van voor teen ʼn vragmotor op die Klerkskraal-pad in Carletonville gebots het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici is omstreeks 06:30 na die toneel ontbied.

“Die vragmotor en wrak van die motor het op teenoorgestelde kante van die pad gestaan. Die bestuurder van die motor het bewegingloos binne die wrak gelê. By nadere ondersoek het paramedici gevind dat hy reeds aan sy veelvuldige beserings beswyk het. Hy is op die toneel dood verklaar,” het hy gesê.

Volgens Meiring was die bestuurder van die vragmotor ongedeerd en het op die toneel rondgeloop.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Anoniem ·

Selfs Duitse modelle keer nie die onvermydelike… Respekteer EERS jou kids en jou menswees. Daarna leer ons baie vir ons kids.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.