Man sterf in gru-ongeluk

Foto: Netcare911

Foto: Netcare911

‘n Man is dood en drie mense is beseer in ‘n gru-ongeluk op die N2 naby Umgababa aan die KwaZulu-Natalse suidkus.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê volgens ooggetuies het die bestuurder van die motor beheer verloor en teen ‘n aankomende vragmotor gebots.

Botha sê daar was wrakstukke oor die hoofweg versprei en dat die insittendes in die wrak vasgekeer was. “Terwyl brandbestryders met meganiese toerusting gespook het om hulle te bevry het paramedici die beseerdes gestabiliseer.”

Botha sê een man is dood terwyl een persoon kritiek en twee ander ernstig beseer is. Die beseerdes is na nabygeleë hospitale geneem vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.