Man sterf in huisbrand

Argieffoto ter illustrasie.

’n Bejaarde man het Sondag in die vroeë oggendure in sy huis in Port Elizabeth gesterf toe dié huis deur vlamme verteer is.

Volgens kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, was ’n sekuriteitsvoertuig omstreeks 03:35 besig met ʼn patrollie in Culturamastraat in Rocklands toe die sekuriteitswag in die motor ’n huis aan die brand opgemerk het. ’n Deel van die huis was in dié stadium reeds verwoes.

Die sekuriteitswag het die plaaslike brandweer en polisie na die huis ontbied. Die vlamme is geblus en die liggaam van die 74-jarige Johan Potgieter is in die kombuis aangetref. Potgieter het alleen gewoon.

Volgens Janse van Rensburg is die oorsaak van die brand in dié stadium nog onbekend. Geen vuilspel word verwag nie.

’n Geregtelike doodsondersoek word deur die polisie gedoen.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.