’n Man is Sondagaand tydens ’n oënskynlike huisroof in Randpark in Johannesburg doodgeskiet terwyl sy vrou ernstig beseer is en tans in ’n hospitaal om haar lewe veg.
Die identiteit van die slagoffers is nie in dié stadium bekend nie.
Volgens die nooddiens Emer-G-Med is die man reeds by nooddienswerkers se aankoms op die toneel dood verklaar.
“Die vrou het ook veelvuldige skietwonde gehad en moes van gevorderde lewensondersteuning voorsien word,” het ʼn woordvoerder van die nooddiens gesê. “Sy is na ʼn nabygeleë hospitaal vir verdere behandeling geneem.”
Inligting op die toneel dui daarop dat die egpaar deur ʼn onbekende aantal gewapende verdagtes in hul huis oorval is.
Dit is nie duidelik of enigiemand al in verband met die voorval in hegtenis geneem is nie.
Maroela Media het Maandagoggend ’n navraag aan die polisie gerig en wag op terugvoer.
Baie sterkte aan die familie. Ek dink net dit is belaglik dat jy nie eers meer in jou huis veilig is nie.
Jou huis is veronderstel om jou veilige spasie te wees , wie dink die mense is hulle??
Die misdadigers dink hulle kan doen wat hulle wil want sl@pg@t cele dwaal op die strande rond en wens iemand wil vir hom n roomys koop.
almal familie van cele
Onbekende hoeveelheid gewapende verdagtes… Al wéér ‘n klomp! Die vermetelheid en ek weet sommer die wapens is ongelisensieerd!
Baie jammer oor die gebeure. Verdere ondersoek is nodig. Hoekom die vrou so baie keer skiet? Is iets weg uit die huis of was dit n hit?
Die polisie se onbevoegdheid om hierdie misdaad hok te slaan deur proaktiewe polisiëring en nie die alewige ondersoek wat hul in elk geval nie behoorlik doen nie gaan anargie veroorsaak wat wetsgehoorsame burgers gaan dwing om gereg in eie hande te neem.
Nog n moord waarvoor jy verantwoordelik is Cele.
Kry n “life” man, wat het hy daarmee te doen? Ons moet onsself beskerm, hy gaan dit nie vir jou doen nie. Ons kan ook nie meer se dit gaan nie met ons gebeur nie, ons moet paraat wees en bewapen.
Ons weet dit is onmiddelik ‘n coldcase, ek twyfel of die polisie ooit enige gevaarlike gewapende huisbrekers vang, (ek praat nie eers van suksesvol vervolg nie) …
Innige simpatie en sterkte aan die naasbestaandes en vriende. Dit is verskriklik dat die President nog nie iets omtrent die toenemende misdaad en moord gedoen het nie.
Mens moet ongelukkig paraat wees, en jou alle mag moontlik verdedig! Die ANC land is krimineel se droom…
Kom soos ‘n klomp lafaards, sal nie 1 wees nie altyd in ‘n groep soos ‘n gang.
Net hys krane in die openbaar sal die gemors afskrik . Punt
Ons bly in n vieslike plek.
Hierdie huis is in ‘n toegangsbeheerde area
Die huis is in ‘n toegangsbeheerde area. Ek ry elke dag daar verby