Man sterf in industriële ongeluk

Argieffoto

ʼn Man, vermoedelik in sy 40’s, is Vrydag in ʼn industriële ongeluk in Bethal in Mpumalanga dood.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het omstreeks 07:50 plaasgevind.

“By paramedici se aankoms op die perseel is die man op die grond tussen ʼn stootskraper en ʼn groot industriële masjien aangetref. Die man het verskeie ernstige beserings opgedoen en was in ʼn kritieke toestand,” het Meiring gesê.

“Alle moontlike pogings is vir ʼn geruime tyd aangewend om die man te stabiliseer, maar hy is ongelukkig op die toneel dood.”

Die omstandighede rakende die ongeluk is onbekend. Beamptes was op die toneel en stel ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.