Man sterf in JHB-motorfietsongeluk

Foto: @EugeneAudi/Twitter

Foto: @EugeneAudi/Twitter

‘n Man is Saterdagoggend dood in ‘n motorfietsongeluk op die N1 naby die Malibongwerylaan-afrit in Johannesburg.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê die ongeluk het omstreeks 6:30 plaasgevind. Hy sê ‘n 33-jarige man het met sy motorfiets teen ‘n versperring gebots.

Botha sê die man is op die toneel dood verklaar. Hy sê die man se liggaam is sowat 500m ver van die ongelukstoneel gevind.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

leana ·

Baie tragies ! Hy moes ‘n verskriklike spoed gery het om 500m ver van die ongelukstoneel te val.

Jasper ·

Kom ons trek 100 meter af vir n misskatting, dan klink 400 meter steeds rof.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.