Man sterf in Jhb-ongeluk

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn Man is Dinsdagoggend dood en een beseer in ʼn ongeluk op die N1-snelweg in Johannesburg.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het naby die N12-wisselaar in Diepkloof plaasgevind.

“Die motor het om die een of ander rede die snelweg verlaat, teen ʼn steilte afgerol en op sy dak in ʼn dreineringsloot tot stilstand gekom,” het Bodasing gesê. “Die twee insittendes is tydens die ongeluk uit die voertuig geslinger.”

Sy het gesê ʼn man se liggaam is sowat 50 meter van die motor se wrak aangetref. “Hy was ongelukkig reeds dood en niks kon vir hom gedoen word nie. Hy is op die toneel dood verklaar.”

Die ander man is op die toneel behandel en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem.

Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

DPJ ·

Nog mense wat nie aan sitplekgordels glo nie. Hoe jammer.
Is die mense beboed om dat hulle sit plek gordels nie gedra het nie? Sterkte met die familie van die dooie en beseerde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.