Die eerste voorval het op die M1-hoofweg, suid van die Johannesburgse middestad, plaasgevind.
“Paramedici van Netcare911 is omstreeks 21:00 gisteraand [Donderdag] ontbied na ‘n skietvoorval in Mondeor,” het Santi Steinmann, woordvoerder van Netcare911, gesê.
“Paramedici het met hul aankoms op die toneel gevind dat ‘n man gesterf het in die skietvoorval.”
Die polisie ondersoek die voorval.
In die tweede skietvoorval is paramedici omstreeks 23:40 na ‘n toneel in Midrand ontbied. Die voorval het in Broadwalkstraat in Halfway House plaasgevind.
Steinmann sê paramedici het met hul aankoms op die toneel ‘n 21-jarige man in ‘n kritieke toestand gevind.
“Die man is op die toneel behandel voor hy na ‘n hospitaal gehaas is vir die dringende mediese sorg wat hy benodig het.”
Steinmann sê die polisie ondersoek ook die voorval.