Man sterf in Kaapstad-botsing

Argieffoto.

Argieffoto.

ʼn Man is dood en twee ander mense is beseer nadat drie voertuie Dinsdagaand in Maitland, Kaapstad gebots het.

Chris Botha, ʼn woordvoerder van Netcare 911, het gesê die botsing het omstreeks 19:45 in Voortrekkerstraat plaasgevind.

“Die polisie ondersoek die oorsaak van die ongeluk,” het Botha gesê.

Die man was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Die twee mense wat beseer is, is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.