ʼn Man in sy 30’s is Maandag dood toe ʼn vragmotor op die N1-snelweg naby Old Oak-brug in Kaapstad omgeslaan en sy bakkie getref het.
“Die vragmotor het omgeslaan, en die wrak van die bakkie was in die middel van die pad,” het Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, in ʼn verklaring gesê.
Die man in die bakkie was reeds dood toe paramedici by die toneel opgedaag het. Sy liggaam was in die wrak vasgekeer en moes deur die brandweer met meganiese toerusting uitgesny word.
Die bestuurder van die vragmotor is nie ernstig beseer nie.
Die oorsaak van die ongeluk is onbekend. Die polisie stel ondersoek in.