Man sterf in Kaapstad-brand

Argieffoto

ʼn Man is dood en drie mense is beseer in ʼn brand wat Dinsdagoggend by ʼn depot in Brackenfell in Kaapstad uitgebreek het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê toe paramedici en reddingswerkers by die toneel opgedaag het, is die man se liggaam binne die gebou aangetref.

“Daar kon ongelukkig niks vir hom gedoen word nie, hy was reeds weens verskeie beserings dood,” het Meiring gesê.

Volgens Meiring is drie ander beseerdes in die parkeergebied aangetref.

“Een man was in ʼn kritieke toestand en het erge brandwonde aan sy kop gehad. Nóg ʼn man en ʼn vrou het matige brandwonde opgedoen.”

Die mense is op die toneel gestabiliseer en na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Die oorsaak van die brand is nie bekend nie en word deur plaaslike owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.