Man sterf in Kaapstad-ongeluk

Nooddienste op die toneel. Foto: Verskaf

ʼn Man is dood en een is beseer toe die motor waarin hul gery het Sondag in Kaapstad gerol het.

Ineke van Huyssteen, woordvoerder van ER24, het gesê die ongeluk het omstreeks 07:00 op die N7 naby die Bosmansdam-afrit in die noordelike voorstede van die stad plaasgevind.

“By paramedici se aankoms op die toneel is albei die mans in die voertuig se wrak aangetref en hulle was vasgekeer. Die mans is deur die brandweer en Kaapstad-nooddienste uit die wrak gesny,” het Huyssteen gesê.

Een van die mans het noodlottige beserings opgedoen en is op die toneel dood verklaar. Die ander man het ernstige beserings opgedoen en is na die Groote Schuur-hospitaal geneem vir mediese behandeling.

Volgens Van Huyssteen was ʼn vragmotor glo ook in die ongeluk betrokke. Daar was egter geen skade aan die vragmotor nie en die bestuurder is ongedeerd.

Die presiese omstandighede van die ongeluk is onbekend en word deur owerhede ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.