ʼn Man is Dinsdagoggend op slag dood nadat hy by die N12/R24-wisselaar in Bedfordview, Johannesburg, in ʼn vragmotor vasgery het voordat hy van agter deur nog ʼn vragmotor getref is.
Volgens nooddienswerkers op die toneel is die slagoffer se voertuig verfrommel tussen die twee swaarvoertuie.
“Ons vermoed die man het noodlottige beserings tydens die eerste botsing opgedoen, voordat die ander vragmotor hom van agter getref het,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê.
Die brandweer moes die man se liggaam uit die wrak sny. Die polisie ondersoek die ongeluk. Die man se ouderdom en identiteit is nog nie bekendgemaak nie.