Man sterf in kettingbotsing

Die bakkie se wrak. Foto: ER24

Die bakkie se wrak. Foto: ER24

ʼn Man is Saterdag dood in ʼn kettingbotsing op die N12, sowat 10 km buite Potchefstroom in Noordwes.

Paramedici van ER24 en ander nooddienste is na die toneel ontbied waarby vier voertuie betrokke was. Die voertuie is twee vragmotors, ʼn bus en ʼn bakkie.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man se liggaam is in die wrak van die bakkie aangetref en was daarin vasgekeer.

“Die man is met verskeie noodlottige wonde aangetref. Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê. Die man se liggaam moes deur meganiese toerusting uit die motor se wrak gesny word.

Niemand anders het beserings opgedoen nie.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Mel

Dis baie tragies, ek hou niks van daardie pad ni, mense ry roekeloos en vat kanse, ons almal wil by ons eindbestemming aankom, dis nou ‘n slegte tyd van di jaar ook waar mense reeds begin om di paaie aan te pak vir hul vakansie. Ry asb veilig almal! Sterkte aan di man se naasbestaandes, Mag God Jul deur hierdie hartseer tyd dra! RIV

PTA

Ek het die Noordwes bestuurders so leer ken. Mens moet net uit hulle pad bly. Ek weet nie waar hulle leer bestuur het nie.
By uitsondering kry jy een wat korrek bestuur.

Hakke trap

Gister na- en vanaf Benoni weer die dubbelkajuite gekry wat op jou hakke ry terwyl jy self besig is om ‘n voertuig (BINNE DIE SPOEDGRENS PLUS 10%) verby te steek. Die ongeduld op ons paaie is net ontsettend. Dan vorentoe wag ‘n rooi robot of die beesblaas draai af op ‘n ander pad. So waarvoor die gejaag?? Ek bid dat ek verkeerd is om te sê dat daar weer ‘n swart Kerkstyd wag met mense wat nie op ons paaie hoort. Probeer net om HOFLIK en GEDULDIG te wees en derhalwe heelhuids anderkant uit te kom. Indien jy nie hieraan… Lees meer »

PTA is ongelukkig reg

Ek ry die land vol en het ook observeer dat mense in NW ekstra van spoed hou, maar so ook is die vragmotors uiters roekeloos daar. Dit dui heel moontlik op uiters swak en korrupte verkeersdept.

Heleen

Mense dis nie die pad wat gevaarlik is nie maar wel die bestuurders..mense jaag en steek voertuie verby op dubbele wit lyne..en is ongelooflik ongeduldig en onbeskof! Dit plaas ander padverbruikers in gevaar