Man sterf in kettingbotsing

Die bakkie se wrak. Foto: ER24

Die bakkie se wrak. Foto: ER24

ʼn Man is Saterdag dood in ʼn kettingbotsing op die N12, sowat 10 km buite Potchefstroom in Noordwes.

Paramedici van ER24 en ander nooddienste is na die toneel ontbied waarby vier voertuie betrokke was. Die voertuie is twee vragmotors, ʼn bus en ʼn bakkie.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man se liggaam is in die wrak van die bakkie aangetref en was daarin vasgekeer.

“Die man is met verskeie noodlottige wonde aangetref. Ongelukkig kon daar niks vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar,” het Meiring gesê. Die man se liggaam moes deur meganiese toerusting uit die motor se wrak gesny word.

Niemand anders het beserings opgedoen nie.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Mel ·

Dis baie tragies, ek hou niks van daardie pad ni, mense ry roekeloos en vat kanse, ons almal wil by ons eindbestemming aankom, dis nou ‘n slegte tyd van di jaar ook waar mense reeds begin om di paaie aan te pak vir hul vakansie. Ry asb veilig almal! Sterkte aan di man se naasbestaandes, Mag God Jul deur hierdie hartseer tyd dra! RIV

PTA ·

Ek het die Noordwes bestuurders so leer ken. Mens moet net uit hulle pad bly. Ek weet nie waar hulle leer bestuur het nie.
By uitsondering kry jy een wat korrek bestuur.

Sarie ·

PTA. Ken jy die man? Hy kan van ‘n ander provinsie afkomstig wees. Ek gebruik ook dikwels daardie pad & ek is van Gauteng..

Pieta ·

PTA, lees asb die berig behoorlik voordat jy sulke onsinnighede kwytraak. Daar was VIER voertuie betrokke en die oorsaak van die botsing is nog ONBEKEND en word ondersoek. Die N1 is die nasionale pad tussen die Kaap en die Noorde, wat deur Noordwes loop. Die pad is weens verskeie faktore algemeen berug as ‘n gevaarlike pad. Besoekende motoriste aan Johannesburg en Pretoria, voel ook maar om “uit die pad” van daardie plekke se bestuurders te bly – en dit geld vir al ons land se paaie! Kry eers jou feite reg, anders sit jy die pos totaal mis! Rustige dag vir jou… en bly maar van die paaie af, waar jy ookal woon!

Speedguard ·

Ja Nee PTA, as jou naam jou plek van oorsprong aandui kan jy eintlik nie praat nie , jy bly dan in ‘n drie verdieping glashuis, pasop vir klippe gooi, die Potch pad bly maar ‘n gevaarlike pad, sterkte aan die families en vriende, ek sidder as ek dink aan hoeveel studente en hul ouers al hul lewens op die pad verloor het !

NW Potch ·

PTA jy praat deur jou nek man!!!! Maak seker van jou feite, pppfffttttt!!!!!

Alwyna Holtzhausen ·

Dis waar…ons het dit ook al baie gesien. Jy ry liewer agter hulle as voor hulle

Hakke trap ·

Gister na- en vanaf Benoni weer die dubbelkajuite gekry wat op jou hakke ry terwyl jy self besig is om ‘n voertuig (BINNE DIE SPOEDGRENS PLUS 10%) verby te steek. Die ongeduld op ons paaie is net ontsettend. Dan vorentoe wag ‘n rooi robot of die beesblaas draai af op ‘n ander pad. So waarvoor die gejaag??
Ek bid dat ek verkeerd is om te sê dat daar weer ‘n swart Kerkstyd wag met mense wat nie op ons paaie hoort.
Probeer net om HOFLIK en GEDULDIG te wees en derhalwe heelhuids anderkant uit te kom. Indien jy nie hieraan kan voldoen dan hoort jy nie op die pad.
Dit lyk vir my asof Potch en Carletonville leeuwêreld is met padongelukke.

PTA is ongelukkig reg ·

Ek ry die land vol en het ook observeer dat mense in NW ekstra van spoed hou, maar so ook is die vragmotors uiters roekeloos daar. Dit dui heel moontlik op uiters swak en korrupte verkeersdept.

Walvis ·

Ek is jammer PTA is ongelukkig reg. Die verkeersdept van Potchefstroom werk vrek hard. Die probleem is die bestuurders wat kanse vat op die N12.

Heleen ·

Mense dis nie die pad wat gevaarlik is nie maar wel die bestuurders..mense jaag en steek voertuie verby op dubbele wit lyne..en is ongelooflik ongeduldig en onbeskof! Dit plaas ander padverbruikers in gevaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.