Man sterf in Kya Sands-huisbrand

(Foto verskaf deur ER24)

ʼn Man is Woensdag dood toe ʼn brand in ʼn huis in Kya Sands, noord van Johannesburg, uitgebreek het.

Ross Campbell, woordvoerder van ER24, se paramedici het omstreeks 12:00 saam met die brandweer op die toneel in die Farmall-distrik opgedaag. “ʼn Klein houthuisie het in ligte laaie gestaan. Toe die brand geblus is, is die liggaam van ʼn bejaarde man in die huis gevind.”

Die man is op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die brand en die identiteit van die man is nog nie bekendgemaak nie.

“Die brandweer en die polisiediens was op die toneel vir verdere ondersoek,” het Campbell bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Swerwer ·

Innige simpatie en meegevoel met die bejaarde se familie en naasbestaandes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.