Man sterf in Middelburg-ontploffing

Argieffoto: ER24

Argieffoto: ER24

ʼn Man in sy 30’s is Vrydag in ʼn ontploffing by ʼn maatskappy in Middelburg, Mpumalanga, dood.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê die man het na bewering op die agterkant van ʼn konstruksievoertuig met ʼn hoekslyper gewerk, toe ʼn ontploffing plaasgevind het.

Met paramedici se aankoms op die toneel het die man sowat 30 meter ver van die swaarvoertuig gelê.

Die man het aan brandwonde omgekom. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar.

Dit is nie bekend wat die ontploffing veroorsaak het nie. Die departement van arbeid en polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

jaco ·

hierdie goed gebeur omdat mense werk gegee word NET omdat hulle die regte velkleur het. Ondervinding, voorafkennis en opleiding tel eenvoudig net nie meer nie. Ek sidder vir as ‘n “nuclear meltdown” by koeberg kernkragstasie gaan ontstaan, bloot omdat die werkers daar nie regtig weet hoe die plek werk nie. As wit mense wat op meriete en met die regte opleiding nie die Chernobyl kernramp kon keer nie, is koeberg met al Eskom se affirmative action letterlik ‘n sogenaamde “ticking timebomb”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.